Franse kan dalk Sondae werk

Franse wetgewers stem vandeesweek oor ’n omstrede wetsontwerp wat daartoe kan lei dat meer winkels Sondae sal mag handel dryf en dat meer mense werk.

Voorstanders van dié wetsontwerp, een van president Nicolas Sarkozy se sleutelbeloftes, sê om sake-ure uit te brei wat Sondae insluit, sal die Franse ekonomie, wat teen die resessie veg, ’n broodnodige hupstoot gee.

Frankryk se linkse opposisie meen egter dit is ’n belediging vir arbeidsbeskerming en tradisioneles voer aan dit is ’n aanval op die heilige rusdag.

Volgens die nuwe wetgewing sal winkels in Frankryk se drie grootste metropole – Parys, Marseille en Lille – toegelaat word om op Sondae oop te wees.

Werknemers sal die keuse hê om te weier om op ’n Sondag te werk en werkgewers sal dié wat instem om te werk dubbel moet betaal.

Winkels in nog 500 stede en dorpe, wat beskou word as toeriste-bestemmings, mag ook handel dryf, maar sonder die verpligting dat werknemers dubbel vir die ekstra ure vergoed moet word.

’n Minderheid Franse winkels word tans toegelaat om oop te wees op Sondae mits hulle aan sekere voorwaardes voldoen.

Een van dié bepalings laat winkels wat in toeristesones soos Parys se Champs Elysees geleë is, toe om oop te wees mits hul ware of dienste pas by ’n vaag gedefinieerde kategorie van vermaak en kulturele goedere.

In ander gebiede, soos die Franse hoofstad se gewilde Maraisbuurt, doen winkels wat juwele en klere verkoop flink sake omdat die reguleerders verkies om nie die oortreding raak te sien nie.

Die wetsontwerp het ten doel om orde te skep wat betref die verwarrende skuiwergate wat sedert ’n 1906-wet bepaal dat Sondae verpligte rusdae is.

Dié wet is goedgekeur ná ’n noodlottige mynongeluk waarna werkers die rusdag opgeëis het.

Data van die Europese Unie toon dat Frankryk se beperkinge op sake-aktiwiteite op Sondae soortgelyk is aan dié in verskeie ander wes-Europese lande.

Sowat 15% van Franse wat aan ’n opname deelgeneem het, het aangedui dat hulle gewoonlik Sondae werk, teenoor die EU se gemiddelde in die omgewing van 14%.

Ná die nasionale vergadering gestem het, sal die wetsontwerp na die senaat verwys word wat van 21 Julie tot 23 Julie daaroor sal debatteer.

ремонт 3 х комнатной квартирыАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae