Swart ikoon is vermoor

Michael Jackson is vermoor.

Dit is altans hoe die Los Angeles-polisie die sanger se dood op 25 Junie aan hartversaking interpreteer. Dr. Conrad Murray, die sanger se persoonlike geneesheer, is in die gereg se visier.

Die nuwe wending  laat verdere vrae oor die swart ikoon wat verkies het om wit te lyk, se reeds eienaardige lewe hang.  Was daar, soos sommige kommentators beweer, politieke bymotiewe van 'n rasideologiese aard betrokke?

Die webtuiste www.tmz.com (TMZ) het Woensdag berig dat Jackson se familie etlike “onbeantwoorde vrae” oor Murray se rol in die laaste ure van Jackson se lewe het. Jackson het aan hartversaking gesterf wat vermoedelik deur medikasie veroorsaak is.

Joe Jackson, die sanger se pa, het onlangs aan Amerikaanse TV-nuus gesê hy is oortuig daarvan dat daar “vuilspel” was.

LaToya Jackson, die sanger se oudste suster, het aan ’n Britse koerant gesê: “Ons dink nie net een mens was betrokke nie. Dit was ’n sameswering van mense.”

Murray se regsverteenwoordigers hou vol hy is van alle skuld onthef. TMZ het verskeie bronne in die polisie aangehaal dat die narkosemiddel Propofol die primêre oorsaak van Jackson se dood was.

Ingeligtes het gesê daar was lankal “hope belangrike bewyse” wat die vinger na Murray (51) gewys het as die persoon wat die dwelm aan Jackson toegedien het. Die handelsnaam van die middel is Diprivan.

Die bewyse sluit in goedere wat in Jackson se huis gevind is, waaronder Propofol, ’n voetstuk vir binneaarse toediening en ’n suurstoftenk.

Die dwelm word gebruik om pasiënte te bedwelm voor chirurgie en behoort volgens kenners net deur opgeleide narkotiseurs toegedien word.

086уФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae