New Age-‘saboteurs’ vrygelaat

Die vier mans wat daarvan verdink was dat hulle een van Afrika se grootste hidroelektriese damme wou saboteer, is vrygelaat nadat toetse bewys het dat hulle deel van 'n New Age-beweging is.

"Hulle is Vrydag vrygelaat," het Friederike Ritschl, die eggenoot van een van die aangehoudenes aan AFP in Johannesburg gesê.

"Dankie Vader hulle is nie meer in daardie aaklige tronk nie. Die aanklaer het toegegee dat hulle nie kan voortgaan met die klag van sabotasie nie."

Die mans is in April in Mosambiek gevang nadat hulle 'n substansie in die reservoir wat in die Cahora Bassadam invoer, ingegooi het. Die dam is 'n belangrike bron van hidroelektriese krag vir suider-Afrika.

Owerhede het die mans, 'n Suid-Afrikaner, 'n Botswana, 'n Duitser en 'n Portugees, daarvan beskuldig dat hulle skadelike chemiese stowwe in die dam wou stort om die dam se struktuur te laat verweer.

Die mans se verweer was dat hulle nie saboteurs is nie maar lede van die groep Orgonise Africa, 'n New-age beweging wat die spirituele energie van die kontinent wil verbeter deur die verspreiding van 'n stof genaamd orgoniet

Nadat die stof na laboratoria in Mosambiek, Suid-Afrika en Brasilië gestuur is, kon die Mosambiekse owerhede nie met ander bewyse vorendag kom nie, volgens die koerant O Pais.

Die koerant het die aanklaer se kantoor aangehaal waar hulle sê die resultate van die toetse het daartoe gelei dat die mans vrygelaat word.

Volgens Don Croft, een van die stigters van die beweging, is orgoniet 'n tuisgemaakte mengsel van hars, kristalle en metaalafval wat 'n positiewe energie bevat wat die omgewing genees.

Die enigste oortreding wat die groep moontlik begaan het was om te "mors" sê Croft.

справка в спортзаллобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae