Botswana gaan krag van Mosambiek aankoop

Botswana gaan 70% meer elektrisiteit van Mosambiek aankoop oor die volgende vier jaar om plaaslike tekorte aan te vul, het die minister van energiesake Maandag aangedui.

Luidens die ooreenkoms sal Gaberone tot en met 2013 krag van Mosambiek aankoop, die datum waarop die Morupule B kragstasie in werking gestel word.

Minister Ponatshego Kedikilwe het nie gesê hoeveel die ooreenkoms sal kos nie, maar het verklaar dat Botswana gereed is om in Mosambiek se kragprojekte te belê.

Suid-Afrika se diamantryke buurland gaan volgende jaar na verwagting kragonderbrekings trotseer omdat Suid-Afrika, die hoofkragvoorsiener, hulle kraguitvoere gaan beperk.

Kedikilwe het gesê Botswana onderhandel ook met Zimbabwe om die geslote Bulawayokragsentrale te heropen vir bykomende elektrisiteitstoevoer. Die bestaande kragnetwerk deur Zambië en Zimbabwe moet ook opgeknap word.

Mosambiek voer krag uit aan suidelike Afrika van die Cahora Bassadam, wat tans opgegradeer word.

модельки автоФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae