"Die inhoud van die provinsiale begroting moet naggeggan word deur die komitees," het hy gesê.
Die ANC se hoofsweep in die provinsie Max Ozinsky, het aan die speaker geskryf om te vra dat Zille se toespraak na 'n later datum geskuif word. Dit word algemeen aanvaar dat die premiers ná die nasionale rede reageer op die president se riglyne vir nasionale beleidsraamwerk en gekose rigting.
Ozinsky meen dat die ander partye nie dieselfde geleentheid gegun sal word nie. Macdonald het egter aangedui dat daar niks in die grondwet is wat die premier dwing om te wag na Zuma se toespraak nie.
Die tydsberekening gaan spanning, wat reeds hoog loop, tussen die DA en ANC vererger volgens bronne in die wetgewer. Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het verlede week gesê die DA het die geleentheid om parlementêre portefeuljekomitees te lei, verspeel omdat hulle so "vyandig" is.
Zille het die ANC daarvan beskuldig dat hulle provinsiale grond aan die nasionale owerhede oorgedra het op die vooraand van die verkiesing.
