Noorwe? skenk miljoene aan Zimbabwe

Noorweë het Maandag gesê hulle sal $9 miljoen aan Zimbabwe skenk, maar sal dit deur derde partye doen om Robert Mugabe te pypkan. Die geld sal deur die VN, nie-regeringsorganisasies en die Wêreldbank geskenk word "aan die Zimbabwiese mense wat Morgan Tsvangirai en die nuwe koalisieregering ondersteun".

"Deur staatsinstellings te vermy, kan ons Mugabe en sy aanhangers uitsny sodat hulle nie hulle hande op die geld kry nie," het Ragnhild Simenstad aan AFP gesê. Noorweë het sedert 2000 nog geen direkte hulp aan Zimbabwe gegee nie.

Die geld sal aan gesondheids- en opleidingsprojekte geskenk word. "As die nuwe regering demonstreer dat hulle kan funksioneer, kan Zimbabwe 'n voorbeeld word van 'n land wat nie 'n bankrotstaat geword het nie," het die Noorweegse minister van ontwikkeling, Erik Solheim, in 'n verklaring gesê.

пистолеты продувочныетопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae