Robbeneilandmuseum kan weer ‘wanfunksioneel raak’

Image

Seelan Naidoo

Die ANC se Robbeneilandmuseum kan in sy vorige "wanfunksionele toestand" verval as 'n klein groepie werknemers daarin slaag om die herstrukturering te keer, het die museum se tussentydse uitvoerende hoof Donderdag gesê.

"REM is op die spel as die herstruktureringsproses nie voltooi word nie en as die instelling in die verkeerde hande val," het Seelan Naidoo in 'n desperate epos aan alle "belanghebbendes", waaronder 'n aantal bekende Suid-Afrikaners, gesê.

Hy het gesê die herstrukturering is op 'n sensitiewe stadium onderbreek deur 'n klein groepie werknemers wat verdeeldheid saai.

Die vooruitgang in organisasie wat met groot moeite oor die afgelope agt tot nege maande gemaak is, kan nou in 'n baie korter tyd verlore gaan," het hy gesê.

"Indien die herstruktureringsproses nie voltooi word nie, loop REM die gevaar om in sy vorige wanfunksionele staat te verval."

Sy boodskap volg na 'n betoging deur 'n groep werknemers by die museum se veerbootterminaal in die Kaapse hawe. Dertig mense uit 'n totaal van 210 personeellede het aan die betoging deelgeneem. Hulle is lede van die Nasionale Onderwys-, Gesondheid en Verwante Werkersvakbond en eis dat Naidoo afgedank word.

Volgens Naidoo is die werkers bang om hul werk te verloor en dat hul vaardighede onder die soeklig kom as 'n nuwe organisasiestruktuur ingestel word.

Die museum, wat Nelson Mandela se tronksel bevat waar hy die grootste deel van sy tyd agter tralies geslyt het, word reeds jare lank deur binnegevegte, omstredenheid en bewerings van wanbestuur geteister.

Naidoo is deur die museumraad, wat bekende ANC-politici insluit, gevra om die museum "grondig te herorganiseer". Hy is 'n vorige hoof van die Nasionale Kunsteraad en was betrokke by die herstrukturering van die Mark- en Windybrow-teaters in Johannesburg.

светодиодная люстра круглая с пультомданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae