’n Tweejarige dogtertjie van Ivory Park uitbr. 2, Johannesburg, is gister dood nadat rotte amper haar hele gesig afgebyt het.
Haar stiefpa het gisteroggend wakker geword en na sy werk vertrek sonder dat hy haar verminkte gesig gesien het, het mnr. Percy Morokane, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê.
“Die baba het in dieselfde bed as haar ouers geslaap. Toe die ma wakker word, het die baba in die ander rigting gelê asof dood. Toe sy die baba omdraai, was 95% van haar gesig reeds afgebyt,” het hy gesê
Die baba se oë, neus en lippe was weg.
Bloedspatsels is op die toneel gekry.
Die ma het aan nooddienste gesê sy dink rotte is verantwoordelik vir die meisietjie se dood.
Sy ontvang traumaberading.
