Manuel dryf die spot met Zille

Indien mens die globale ekonomiese krisis wil hanteer, behoort mens nie jou tyd te spandeer op Botox-behandelings nie, volgens minister van finansies, Trevor Manuel.

Hy het Woensdag in Kaapstad gepraat oor werkers se kommer oor hulle poste in die wêreldwye ekonomiese insinking, en gesê dit is maklik om kapitalisme en banke te blameer vir wat gebeur.

"Julle weet, daar is sommige partye…as mens hulle sou vra oor dit, sê hulle 'krisis, watter krisis. Ons weet nie dat daar 'n krisis is nie'."

"Of, 'Miskien is ons leier weg vir nuwe Botox of iets, ons is te besig om aan die krisis te dink'."

Zille het onlangs bekend gemaak dat sy Botox-behandeling gehad het om plooie op haar gesig te verwyder.

Manuel het ook gevra dat daar opgetree word teen dwelmhandelaars.

сапфировая брекет системаАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae