SAL-hoof en sy span word ondersoek

'n Onafhanklike ondersoek sal gedoen word op die SAL hoof uitvoerende beampte Khaya Ngqula en sy uitvoerende raad, het die SAL raad van direkteure Dinsdag gesê.

Die besluit volg na 'n "buitengewone vergadering" wat bygewoon is deur die staat, as 'n SAL aandeelhouer en die raad van direkteure.

"By die vergadering is die besluit van die raad van SAL om 'n onafhanklike ondersoek te laat doen na beweringe rondom SAL se hoof uitvoerende beampte Khaya Ngqula en sy uitvoerende span goedgekeur," het die Raad in 'n verklaring gesê.

Die raad het gesê hulle sal 'n verwysingsraamwerk indien vir die ondersoek wat deur die staat goedgekeur moet word.

"Die raad sal die nodige maatreëls tref om te sorg dat die korrekte prosedure gevolg word gedurende die ondersoek, en ook met betrekking tot enige regstellende aksie, risiko mitigasie en dissiplinêre aksies wat kan ontstaan as gevolg van die bevindinge van die ondersoek."

Verdere besonderhede sal bekend gemaak word met die verloop van tyd, het die raad gesê.

Vroeër die maand het die Sunday Times berig dat Servair, 'n konsortium waarvan Vusi Sithole – 'n besigheidsvennoot van Ngqula en sy vrou Mbali Gasi – 'n mede eienaar is, die voorkeur verskaffer is wat omtrent 180 000 etes per week moet voorsien op binnelandse vlugte van SAL.

справка в тренажерныйФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae