DA: Wanneer het definisie van vryheid verander?

Wanneer het die definisie van "vry" verander?

Iemand het iewers, dalk hier op Praag, genoem dat dit soms voorkom asof buitelandse Afrikaners meer patrioties is as die in SA, en hierdie skrywe van die "wonderlike" vryheid wat die Afrikaner, komende van ‘n Afrikaner in SA, die afgelope 13 jaar "geniet" laat my dink dis heel moontlik.

A.g.v. die sg. "vryheid" wat daar nou in SA bestaan, bekommer ons elke dag oor ons famile en vriende daar.

A.g.v. die "wonderlike" vryheid wat Afrikaners nou beleef, word ons kinders ( my man en myne)  nie in SA groot nie, en die kanse dat ons of hulle ooit sal terugkeer raak al skraler, of is glad nie meer daar nie, soos hulle ouer word. Familiebande lê my na aan die hart, en dit wat my gesin daarvan mis kan mens nie bereken nie.

 
Op hierdie ouderdom stel ons kinders (20, 18, 15) nie meer belang daarin om in SA te woon en werk nie, hoewel hulle dit gate uit geniet om daar te gaan kuier, dus sal ons as ouers ook nie teruggaan nie, want die toekomstige kleinkinders en uitgebreide familie sal dan hier wees. Ek het eerlikwaar gedink ons sal weer teruggaan, en dis seker maar dié dat ek so kwaai voel oor die snert wat sovele "vrye" Afrikaners kwytraak, ek mis my land (soos ek my land onthou 14 jaar terug) en mense verskriklik.
 
Ek weet ons het almal keuses en dit is wat ons gekies het, en dat ek nou kla, maar dit klink soms asof Afrikaners so rustig is oor alles. Mens kyk anders na dinge as jy ver staan, en vir my lyk dit van hier ver af nie goed nie.
 

Toe ons na 6 jaar se "avontuur" van woon en werk in ‘n ander land wou terugkeer SA toe, was die pos en verdere opleiding wat my man in SA  sou kry skielik gevries. Wat anders as RA kan dit wees? Dit het daartoe gelei dat hy die verdere opleiding in die buiteland gekry het, en dit veroorsaak weer dat mens al hoe meer "vas" raak hier.

 

Soos iemand op Praag in antwoord op Fred Nel se skrywe vra: is dekadensie vryheid?

 

Dankie dat ek kan stoom afblaas en hou aan met die goeie werk, Praag!

купить липецк полироли, воски и нанопродукцияФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae