Kortlys van vyf vir UV-rektorskap

 Image'n Kortlys van vyf kandidate vir die pos van rektor en vise-kanselier vir die Universiteit van die Vrystaat, is saamgestel, het die instelling aangekondig.

UVS se waarnemende rektor, Professor Teuns Verschoor, sê die proses om die nuwe rektor en visekanselier aan te wys is aan die gang en die keurkomitee het 'n kortlys van vyf kandidate uit 26 saamgestel.

“Die aansoeke wat op die 2de Desember 2008 gesluit het, is deur 'n onafhanklike maatskappy wat in die werwing van uitvoerende en senior akademiese poste spesialiseer, ontvang. Die amp is plaaslik as ook internasionaal geadverteer.”

Verschoor sê die onderhoude met die vyf kortlyskandidate sal vroeg in Februarie gehou word.

“Hierdie kandidate is breedweg verteenwoordigend in terme van ras en geslag,” sê hy in 'n verklaring.

Verschoor sê dat drie kandidate na die onderhoude genooi sal word om hulleself aan die universiteitsgemeenskap voor te stel tydens 'n openbare sessie sodat elkeen sy of haar visie van die rol van rektor en vise-kanselier van die UVS kan verduidelik.

“Hierdie verskynings sal in die middel van Februarie plaasvind.”

Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde in die Vrystaat het ook onlangs by die UVS aangedring om iemand aan te stel wat transformasie na die instelling sal bring.

Provinsiale sekretaris Sam Mashinini sê die vakvereniging was steeds besorg oor bestuurstrukture wat “ongetransformeer bly” en oor die “ou garde wat rassisme laat gedy het.”

Mashinini sê die feit dat Afrikaans steeds gebruik word om teen ander studente te diskrimineer, is onaanvaarbaar.

“Ons doen 'n beroep op die strukture om iemand aan te stel wat transformasie na die instelling sal bly en verder sal gaan as om op papier te skryf maar 'n persoon sal wees wat ook sulke beleide sal implementeer,” sê hy.

MarktФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae