Vrede in Gasastrook hou vir die tweede nag

'n Broos skietstilstand in Gasa het vir 'n tweede nag gehou terwyl Israel nog soldate uit die gebied onttrek het. Na verwagting sal Israel heeltemal teen Dinsdagmiddag heeltemal uit die gebied onttrek wees.

Geen vuurpyle het in Israel geland in die nag nie, en Israel het ook gsen vergeldingsaanvalle geloods nie, het 'n militêre woordvoerder gesê en bygevoeg dat die laaste vuurpyl omstreeks 17:00 Sondag na Israel afgevuur is.

"Ons gaan voort met die onttrekking," het die woordvoerder gesê en ook opgemerk dat daar nog soldate in die strook agtergebly het. Israel mag die onttrekking finaliseer teen die tyd wat die inhuldiging van Barack Obama as Amerikaanse president begin.

Die seremonie is geskeduleer om teen 17:00 Midde-Oosterse tyd te begin, maar beamptes kon nie die afsnytyd bevestig nie.

Die meeste reserwesoldate wat opgeroep is vir die veldtog in Gasa, wat daarop gemik was om die vuurpylaanvalle te staak, sou na verwagting Dinsdag van diens vrygestel word.

Die Israelse weermag het ook begin met ondersoeke na die insidente van operasie "Cast Lead", insluitend dié waarin burgerlike families dood is.

интернет магазины черкасслобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae