Die polisie het ‘n swartman, die vermeende meesterbrein agter die wrede moorde op Tewie en Eurika Human verlede maand in hul Grootbrakrivier-huis geïdentifiseer.
Dit kom na die inhegtenisneming van ‘n 26-jarige van Wolwedans, wat Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn het.
Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder het gesê Thamsamqa Howard Sishuba word verbind met die moord deur forensiese getuienis wat tydens die aanvanklike ondersoek op die toneel ingesamel het.
“Die egpaar is [dood] in hul woning in Sandheuwelstraat, Groot Brak Rivier, op 18 Junie gevind toe ‘n buurman die liggaam van die [vrou] deur die venster gesien het,” het die woordvoerder gesê.
“Die plaaslike polisie het by aankoms, ook die liggaam van die man in die motorhuis ontdek nadat die deure afgebreek moes word om toegang te verkry tot beide die huis en die motorhuis.”
Eurika, 62, is doodgesteek. Sy het beswyk weens vier steekwonde aan die nek en bors.
Die verdagte het dalk reeds uit die land gevlug.
Tewie, 72, is ook erg beseer met ‘n panga, met frakture aan sy bolyf en kop.
Sishuba het Donderdag in die Mosselbaai-landdroshof in verband met die dubbele moord verskyn.
Die saak is uitgestel tot Vrydag vir regsverteenwoordiging.

Tyd dat ons afbetaalde Afrikaner uiters bekwame polisiemanne hierdie
vloeksteen gaan haal en terug bring Suid Afrika toe. Ons moet iets doen aan
hierdie swart op blanke moorde.