praag.co.za

Brittanje gaan glo nie in Libië ingryp nie

Written by

in

,

Brittanje het geen planne om die stuur van troepe na en lugaanvalle op Libië te verleng nie.

Die verklaring deur die ministerie van verdediging volg ná ’n komitee van wetmakers gesê het die land kan tot ’n 1000 troepe ontplooi.

Die laerhuis se komitee vir buitelandse sake het gesê Brittanje kan deel wees van ’n internasionale weermag bestaande uit 6 000 troepe in Libië wat onruste sedert die val van Moeammar Ghaddafi in 2011 hanteer.

Die verwagting was dat die minister van verdediging, mnr. Michael Fallon, vandeesweek tot Brittanje se bydrae tot die weermag by ’n konferensie in Europa sou instem, het die komitee gesê.

’n Woordvoerder van die regering het egter gesê die komitee vir buitelandse sake was “op verskeie punte verkeerd”.

“Daar is geen planne om die lugaanvalle op Libië te verleng nie en daar is geen planne om Britse troepe te stuur om sekuriteit aan troepe op die grond in Libië te verskaf nie,” het die woordvoerder gesê.

“Dit is daarom verkeerd om te impliseer die minister van verdediging gaan vandeesweek tot enige Britse bydrae instem.”

Britse premier David Cameron sou na verwagting by ‘n EU-beraad sy bereidwilligheid verklaar om militêr in te gryp in die ondersteuning van Libiese opkomende eenheidsregering.

Egipte se president Abdel Fattah el-Sisi het egter gewaarsku dat die Weste moet uitbly.

Cameron het die EU-leiers gewaarsku oor ‘n nuwe golf Libiese migrante na Europa in die somer nadat dit bekend geraak het dat ISIS uit Sirië na Libië vlug.

Woensdag, moes die Foreign Office toegee dat soldate nie ontplooi sal kan word sonder die goedkeuring van die parlement nie.

Comments

3 responses to “Brittanje gaan glo nie in Libië ingryp nie”

  1. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    Italie gaan die “lead nation” wees… met hulp van die VSA.

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Die vorige keer toe Brittanje in Libië probeer inmeng het met die hulp van die Italianers het die Amerikaners dit verongeluk. Die Britte het seker hul les geleer.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ek hoor Gadaffi was blykbaar maar pervers – klein seuntjies was blykbaar sy voorkeur. Uit die posisie van mag kom die spul met sulke walglikhede weg.

Leave a Reply