Twee renosters in Noordwes doodgeskiet

Twee renosters is in die Mafikeng Private Natuurreservaat in Noordwes deur stropers doodgeskiet.

Die bestuurder van die reservaat, Louis Coetzee, sê die renosters is Woensdagoggend gekry.

Albei koeie se horings is ook verwyder. Coetzee sê ‘n .375-geweer is gebruik.

Hy sê vier renosters is sedert die begin van die jaar in die Mafikeng-reservaat vir hul horings afgemaai.

In 2015 het stropers 1 175 renosters in Suid-Afrika doodgemaak.

One thought on “Twee renosters in Noordwes doodgeskiet”

Maak 'n opvolg-bydrae