ANC-koukus wil DA-LP geskors hê omdat sy langs Paul Kruger-beeld afgeneem is

Die ANC se parlementêre koukus het vandag die swart leier van die DA, Mmusi Maimane, uitgedaag om van al die “rassiste” in sy party ontslae te raak deur die Afrikaanse LP, Anchen Dreyer, te skors. Sy word daarvan beskuldig dat sy verlede jaar by ‘n kartonafbeelding van Paul Kruger afgeneem is met die boodskap, “Lekker verjaar, Oom Paul.” Volgens die ANC getuig dit van “rassisme”.

Die ANC se parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, het in ‘n verklaring gesê dat me. Dreyer se “skaamtelose bewondering” vir Paul Kruger neerkom op “instemming met die misdade wat sy bewind teen swart Suid-Afrikaners gepleeg het”.

“Enigeen wat Kruger as ‘n held sien, is ook ‘n rassis wat alles deel waarvoor hy gestaan het, waaronder die geloof dat swartes minderwaardige barbare is wat die ongehoorde lyding wat hulle jare lank onder kolonialisme en apartheid verduur het, verdien,” het Mothapo gesê.

Hy het voortgegaan deur te verklaar: “Hy (Maimane) beskik nou oor die geleentheid om die dapper verbintenis wat hy voor die hele nasie aangegaan het, uit te voer. Die vraag is of hy sy ambisieuse onderneming gestand sal doen en Dreyer sal uitskop, of gaan hy ons vermoede dat sy toespraak niks anders as ‘n sinnelose foefie was nie bevestig?”

In reaksie op Mothapo, het die DA se woordvoerder, Phumzile van Damme haar eie verklaring uitgereik waarin sy sê dat Mothapo se opmerkings ‘n “desperate” plan was om “Suid-Afrika volgens rassegrense te verdeel”.

“Suid-Afrika beskik oor ‘n ryk en ingewikkelde geskiedenis, wat nie weggewens kan word nie. Eerder moet die onregte van die verlede erken en daaruit geleer word. En diegene wat die regte van ons mede-Suid-Afrikaners geskend het, moet ook vir daardie misdaad onthou word,” het Van Damme gesê.

Volgens haar neig Mothapo se verklaring daarna om Suid-Afrikaners in kampe uiteen te jaag en standpunte te verhard wat versoening in die wiele ry.

“Die ANC het duidelik dié belangrike projek laat vaar, wat bepaal hoe die geskiedenis onthou moet word. Dis omdat hulle voortdurend verdere kiesersteun verloor, en daarom na strooihalms gryp om weereens ter sake te probeer word in die lewens van die miljoene Suid-Afrikaners wat hulle in die steek gelaat het,” het sy gesê.

Op Twitter het die rasaanhitsers soos die “skrywer” Eusebius McKaiser teen sowel Anchen Dreyer as die DA uitgevaar.

Ene Lwazistos het McKaiser op Twitter gesteun deur te sê:

21 thoughts on “ANC-koukus wil DA-LP geskors hê omdat sy langs Paul Kruger-beeld afgeneem is”

  1. Ek vier slegs Republiekdag, Krugerdag, Geloftedag, Hemelvaartdag, VanRiebeekdag, Goeie Vrydag, Paas Sondag en Kersfees. Ek is trots om ‘n blanke te wees, ek is trots op ons ou landsvlag, die Vierkleur en die Prinsevlag, ek is trots op alles wat blankes, met groot Genade, op dié donker kontinent – teen alle verwagtinge in – kon vermag.

    Dis my reg, dis my kultuur, dis my geskiedenis. Aaanvaar dit want dit gaan NIE verander nie.

      1. En Kersfees was die viering van die verjaarsdag van Mithras – die nommer een god van die Romeinse tyd. Die een wat keiser Konstantyn genoop het om Sondag as die “Dag van die here” te verklaar – en vandag nog deur Christene as die “sabbat” gevier word! Ai toggie!

          1. Riempies, dit was voor Konstantyn wat Rome die “Kerk” vervolg het en die “kerk” het gebloei en vinnig bly groei. Konstantyn het “Christendom” tot staatskerk verklaar en die bose heidense feeste hernoem om n sogenaamde Christen karakter te weerspieel en dit in die “kerk” ingevoer. Die begin van die einde; die Rooms Katolieke Kerk is gebore en daarna al die hoerkerke wat daaruit afgesplinter het. Die Herforming was goed maar het hopeloos te gou opgehou.

      2. Die Bybel sê “Glo soos ‘n kind.” Ek doen. Dis algemeen deur Christene aanvaar dat 25 Desember die geboortedag van Jesus Christus, my Verlosser en Saligmaker is. Ook dat Goeie Vrydag en Paasfees Sondag die kruisiging en Opstanding van Hom was. DIT is wat ek vier. Wetenskaplike en geskiedkundige verklarings het geen effek op my Geloof nie want ek glo soos ‘n kind alles net soos dit in die Woord van God geskrywe staan.

        1. As jy vir my wys waar in die woord paasvees gevier word, sal ek saam met jou paasfees vier. Jy is mislei soos baie Christene.

          Maak nie saak wat jy glo nie, om deel te neem aan die paasfees ritueel, dra jy by tot Ishtar…

          Baie Vrymesselaars doen klomp simpel rituele in hul tempels sonder dat hul weet wat waarvoor die ritueeltjies gedoen word. Maar hul “prop in” by ‘n kragbron, waarby die meeste invloedryke mense in die wereld (bykans alle leiers), ingeprop is.

          Dink jy as paasfees en kersfees regte Christenfeeste was, dit deur die media aangespoor sou wees?

  2. Die spul ken gladnie die geskiedenis van Suid Afrika nie en val alles en almal wat blank is aan. Paul Kruger is al in 1904 oorlede. ANC is in 1912 gestig terwyl England hier regeer het.
    Een van die dae gaan ons gearesteer word as ons wit in die openbaar verskyn.

  3. “…….en daarom na strooihalms gryp om weereens ter sake te probeer word in die lewens van die miljoene Suid-Afrikaners wat hulle in die steek gelaat het,” het sy gesê.”

    Maar dit lamlendige falende egoïstische moorddadige anc sacp schrikbewind is wel druk doende om van die strohalm een eiken knuppel te maken door elke zuivere gerede kritiek en waarneming van lieden met verstand, af te doen als racisme.
    Met al die racistische wetgeving en uitvoering ervan en de teneur die eruit spreekt, waarbij in ijl tempo nieuwe nog schunniger onderdrukkende racistische wetten worden door geperst.

  4. En die grootste rassiste wys vingers na die mense wat die minste rassisties is.Die anc en trawante moet eers voor hulle eie deure vee voor hulle voor ander mense se deure wil vee.daar is nou bykans nie n week meer wat die anc nie rasse haat aanvuur en ressisme goedkeur nie.jy hoor ee of twee keer n jaar n blanke wat se hul idiote en dan is dit moerse rasse haat en arrogance en en en.die heel tyd dieselfde ou vrot komunistiese mentaliteit van die groep van ons bevolking wat bak hand staan vir ons blankes se taks gelde om hulself vet te vreet. Hoogtyd dat ons afrikaners ons taks gelde in n fonds sit en dit beter spandeer. Jy vyt nie die hand wat jou vet voer nie.hoe onnosel is dit? Rainbow nation is dood en son skyn lankal nie want donder wolke is hier.

Maak 'n opvolg-bydrae