Boer van Brits oorleef bomaanval deur ‘genade’

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord op ‘n familie van die Assen distrik naby Brits in Noordwes.

Die boer, Neels van Rensburg sê daar was ‘n bomaanval op sy huis, waarna wapens uit sy kluis gesteel is.

Miljoene rande se skade is aangerig aan die huis.

Van Rensburg was ‘n bekende renosterboer en het in ‘n stadium 45 renosters op sy plaas Buffelsdraai aangehou.

Hy het egter al die renosters verkoop nadat twee van dié renosters in 2011 op die plaas doodgeskiet en gestroop is.

Van Rensburg (67) en sy vrou, Rina (64), het nie Sondagaand op hul jagplaas geslaap nie.

Van Rensburg het al voorheen moeilikheid gehad. Hy meen die aanval was teen hom en sy vrou gerig en dit was alleen deur “genade” dat hulle nie in die ontploffing omgekom het nie.

5 thoughts on “Boer van Brits oorleef bomaanval deur ‘genade’”

      1. Vertel my eers wie presies jy is. Is jy n spioen van Satan wat God nie kon raaksien by die hof nie? Ek wil nie my mense in enige tronk laat beland nie en is ook geensins betrokke by enige Boeremag nie. Niks verkeerd om n bietjie geloof te kry, selfbeskerming toe te pas, kos te koop en ook Goud aangesien die rand m@er toe is nie. Miskien sal mooipraat jou n bietjie help.

          1. Goeiedag Andy

            Mense wil nie hieroor praat nie ( klink negatief) maar ons beter paraat wees want dit lyk of daar hierdie jaar nog groot moeilikheid kom vir ons blankes. Onthou ons moet WAAK en BID. Om bietjie ekstra kos en water op te berg sal nie kwaad doen nie, en selfbeskerming is van groot belang. Ek dink nog nie ons mense besef die erns van wat om ons aangaan nie.

            Ek wil veral nie in hierdie tye vyande maak met ons eie mense nie, maar ek kan ook net nie onaangename moedswilligheid in sulke tye verduur nie.

Maak 'n opvolg-bydrae