As ongewildheid ‘n maatstaf vir presidente is om hul bedankings te oorweeg, moes verskeie Europese presidente al die handdoek ingegooi het. Francois Hollande van Frankryk se steun is af na 10%.
Volgens berigte het slegs sowat seweduisend mense, die meeste wit en Engelssprekend, landwyd die optogte bygewoon om druk op president Jacob Zuma uit te oefen om te bedank.
‘n ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa het tereg opgemerk dat die getal mense wat aan vandag se optogte deelgeneem het, daarop dui dat die meerderheid Suid-Afrikaners nie met die ZumaMustFall-veldtog saamstem nie.
Zuma se steun onder die swart meerderheid is steeds hoog, veral onder Zoeloes.
Volgens die EFF-leier Julius Malema is slegs “wit kapitaliste” teen die president gekant.
“Ek het geweier om die petisie te teken #ZumaMustFall want dit is geïnisieer deur wit kapitaal wat #Marikana werkers misdadigers genoem het,” het Malema getwiet.
Hy het gesê ware revolusie teen die ANC en Zuma sal swart wees en fokus op wit monopolie-kapitaal en die oordrag van grond.
Malema het verklaar dat Zuma teen volgende jaar deur swartes uit sy pos verwyder sal word.
Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi het intussen sonder ironie gewaarsku dat Suid-Afrika die volgende Zimbabwe kan word indien Zuma nie gekeer word nie.
Vavi het by die Nelson Mandela-brug in Johannesburg gepraat by ‘n optog as deel van die ZumaMustFall-veldtog.
Vavi het die ANC se leierskap, sowel as die President gekritiseer. Hy sê al wat hulle kan doen, is om die land se hulpbronne te plunder.

Dis nie net die Zoeloes wat nie in “Zumamustfall” belangstel nie. Hy het vroeer vandag ‘n spesiale byeenkoms in PE toegespreek. Voor hy begin praat het, het ‘n mbongi hom met lof besing – met die luide toejuiging van die groot gehoor in ‘n yslike saal. Heelwat van hulle was geklee in ANC-kleure, maar PE is Xhosa-land en dit was nie Zuma se stam wat hom toegejuig het nie!
Dis seker mense se reg om teen Zuma te marsjeer – en daar sal baie wees wat dink dat daar goeie redes is om dit te doen – maar die soort ding het ook nadele. Dis interessant om te sien dat Malema beweer sulke opmarse is uitsluitlik deur wit “kapitaliste” bygewoon. Hy verswyg Vavi en Tutu se voorop deelname in Kaapstad, maar sy opmerkings gaan weer eens deur ‘n goeie hoeveelheid swartes gesteun word – en wittes gaan alweer gesien word as die mense wat swartes van hulle mag en beheer wil,ontneem.
Dit onderstreep my volgehoue standpunt dat ons as Afrikaners verkieslik “onder die radar” moet bly. Ons moenie aan hierdie “anti-swart” dinge wat deur die linksliberale Engelse gereel word, deelneem nie, maar in stilte en vertroue ons dinge doen – planne maak om as volk te oorleef.
Verseker moet ons in stilte en vertroue ons dinge doen
Ek moes seker maar die langer woord “vertroulikheid” gebruik het!
Stem saam. Die Afrikaner het niks te wen uit politieke deelname nie. Laat die Anglos self hulle vuil werk doen. Moenie wéér misbruik word en die vark in die verhaal wees, terwyl die Britte voorgee om die engeltjies te wees nie. ‘n Onstabiele regering is ‘n uiters gevaarlike regering en die komende ekonomiese storm wat besig is om wêreldwyd los te bars as gevolg van die Anglo geldmag se verbete stryd om in beheer te bly gaan hierdie regering hard skud.
Thys ek stem 100% met jou saam – hierdie na-aap van
barbaristiese opmarse gaan teen ons Afrikanergrein. Ons is nie barbare nie
ons was nooit barbare nie en ons sal nooit barbare wees nie. Ons is nie luiddrugtig nie ons is nie wreed nie ons is geen van die dinge wat swartes verteenwoordig nie.
Ons is beskaafd ons kan ons tyd baie beter verwyl met opgevoede gedrag en estetieka wat ons siel verryk. In die omgewing waar ek woon het die swartes in n pragtige area van ons dorp gisteraand tot ounag gesuip geskreeu met “musiek” en dromme wat ek glo in die naburige dorp gehoor kon word.
Hierdie ding om te verklaar ons land is op pad om ‘n volgende Zimbabwe te word, wil maar nie lekker sit nie. Boonop: As ons land ‘n volgende Zimbabwe moet wees, sit die Afrikanervolk vir nog veertien jaar onder ANC-dwingelandy. Want sien, Zimbabwe word al van 1980 deur Mugabe regeer, die ANC regeer amptelik maar eers van 1994 af. Zimbabwe se dollar het al tot onder waardeloos geval, hy het al met onmeetbare inflasiekoers gesit. As ons nog deur al daardie diepstes van treurmares moet gaan en aan die einde van die dag steeds met ‘n Mugabe sit, dan moet die politieke ontleders maar met alle nederigheid versoek word om met iets beter vorendag te kom as om na Suid-Afrika as ‘n volgende Zimbabwe te verwys. Selfs Van Zyl Slabbert het later daarteen opgesien om Suid-Afrika met Zim te vergelyk. Want die slegste van ‘n Zim-scenario vir ons land is dat Mugabe en sy regime ‘n kanniedood is met slegs enkele wit boere oor. Laat die verbeeldinglose liberale ontleders vir ‘n slag ‘n bietjie verder noord in Afrika kyk vir geskikter vergelykings en daarmee saam geloofwaardiger onledings. Die behoudende Afrikaner hoort hom in elk geval anders te rat, te wete vir sy vryheid. Om te wag vir die ANC of Zuma se ondergang gaan ons nerens bring nie.
Thys ek stem 100% met jou saam – hierdie na-aap van
barbaristiese opmarse gaan teen ons Afrikanergrein. Ons is nie barbare nie
ons was nooit barbare nie en ons sal nooit barbare wees nie. Ons is nie luiddrugtig nie ons is nie wreed nie ons is geen van die dinge wat swartes verteenwoordig nie.
Ons is beskaafd ons kan ons tyd baie beter verwyl met opgevoede gedrag en estetieka wat ons siel verryk. In die omgewing waar ek woon het die swartes in n pragtige area van ons dorp gisteraand tot ounag gesuip geskreeu met “musiek” en dromme wat ek glo in die naburige dorp gehoor kon word.
Wat bv van die lesse wat die Afrikanervolk uit die gemors wat hom in Syudwes afspeel kan leer, een van die eerste take wat FW de Klerk gehad het as regimeleier om die Nujoma-regime daar feestelik te ontvang. Die Afrikaners van Suidwes kan waardevol aanvul tot ons wreedste verwagtinge hier tuis. Waar ons by uit moet kom in ontledings is om die hele Suider-Afrikaanse scenario soos dit al van voor McMillan se winde van veranderinge-toespraak in die SA parlement ontvou en Amerika se planne om met ‘n harde militere optrede soos opgestel deur middel van die Carnegie Endowment Fund, die ontplooi van oorlogskepe en Amerikaane vegvliegtuie ingesluit, in gedagte te hou. Ja, Amerika en Brittanje het veel meer ingesit om van die Blanke bewinde van Suider-Afrika ontslae te raak as wat die Sowjet-Unie en Rooi China kon droom om te doenm die groot doelwit poppe soos Nujoma, Machel en Ramaphosa wat nie in die pad is wanneer hulle die kontinent van sy delfstowwe stroop nie..
Met ander woorde op die been gestroop moet Zuma hom nou met blanke vermoë omring terwille van die behoud van Suid Afrika en die hele Afrika kontinent?
Is dit moontlik om weer SA weerbaar te maak?
Nee, Riempies, so nooit is Zuma ‘n bondgenoot nie. In reaksies op hierdie berig stippel Praaggebruikers uit wat die Afrikanervolk te doen staan: Kies reg, bly weg. Zuma is nie ‘n Afrikanerbondgenoot nie. Die Afrikanervolk soek sy eie en onafhanklike politieke kragveld, wat in hierdie stadium ‘n kragveld van fisieke verdediging moet wees en lenig genoeg om op bevel in ‘n offensiewe program oor te gaan. Nie Zuma nie en ook nie die Zoeloe-volk in sy geheel maar geen ander volk of ander volk se leierskap moet in die Afrikaner se sake krap of ons vergunning daartoe het nie.
Dankie Piet vir die regstel van my verkeerd verstaan. Ons
het al soveel verduur en ook soveel gevorder waarop ons kan bou dat dit bykans onmoontlik is om nou na alles weer terug moet draai op n dwaalpad na nêrens.
Piet ek stem saam met jou – min mense indien enige besef dat
die ondergang van Zuma gaan ook die land in totale wanorde en anargie en
barbaristiese staat laat verval.
Vavi het homself verspreek. Hy bedoel as Zuma gaan, gaan dit verseker ‘n Zimbabwe word. Dis dan die swart utopie waarvan almal droom.
Dit ook. So tussen die duiwel en die diep blou see. Het maar net gedink, waarom nie klarigheid probeer bring so ver dit sekere baie netelige sake betref nie. Vavi en Solidariteit is natuurlik kop-in-en-mus. Al van die tyd dat COSATU die Beitbrug-grenspos geblokkeer het oor Mugabe se manewales (2003?). Jakkie Basson het destyds heelwat oor Buys en Vavi se groot danigheid teenoor mekaar in Die Afrikaner geskryf. En sedertdien het dit van hartlikheid tot innigheid tussen die tweetjies gegaan,
die racistische misdadiger en Genocide faciliteerder anc sacp beul malema en ‘puppet on a string’ van het werkelijk groot kapitaal a la Trotsky, die nou in een rood t-hemp de oppositie uithangt in evt. weer een blauw t-hemp, laat maar weer in z’n ware kleuren zien:
1 Racisme tegen blank christelijk
2 Racisme tegen blank christelijk
3 Racisme tegen blank christelijk
4 Roven
5 Stelen
6 Fraude
7 Corruptie
8 Bedriegen
9 Bedreigen
10 Armoedeverdeling, moord, massamoord, volkenmoord.
In ‘n berig oor die optogte op nogal Bloomberg werk die beriggewer glad nie spaarsaam met evokatiewe woorde soos Gupta nie, die internasionale kliek het die tande behoorlik geslyp gehad vir iets soos die val van ‘n Berlynse Muur, een of ander donderende en waterskeidende gebeurtenis. Dat hulle hierdie soort ding boonop in politieke komkommertyd doen, wys hulle desperaatheid. Maar soos op Praag oor die Groot en Onverbeterlike Studente-Onluste geskryf is, die comrades loop nie meer sommer net vir KFC die straat af en breek als wat voorkom nie, deesdae moet jy ‘n Swart betoger minstens na ‘n Spur toe neem vir beeshaas en pepersous om sy welwillendheid vir jou saak te wen. http://www.bloomberg.com/news/articles/2015-12-17/millionaire-gupta-family-seen-as-symbol-of-zuma-s-failing-rule
Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi het intussen sonder ironie gewaarsku dat Suid-Afrika die volgende Zimbabwe kan word indien Zuma nie gekeer word nie. ” – As selfs HY dit kan sien dan is die skrif aan die muur.
Ek kan nie se dat Vavi verkeerd is nie – die moontlikheid is beslis daar dat SA nes Zim (en so baie ander lande in Afrika) in ellende en diktatuur sal verval, maar ek dink nie nou al nie. Dalk oor ‘n klompie jare – en afhangende van wie oor ‘n jaar of so aangewys gaan word om Zuma op te volg.
Maar ek sal nie op Vavi se sieninge staatmaak vir enige iets oor die ANC nie. Feit is dat hy uit Cosatu (deel van die ANC-tripartiet) geskop is en behalwe vir een vakbond, eintlik uit die vakbondwese gesmyt is. Die man het ernstige frustrasie en bitterbekkigheid!
Ek het op ‘n webblad of twee (onder meer onder Allister Sparks se rubriek vandag op Naspers se webblad) voorgestel dat die DA hom kry om die flou Maimane te vervang – hy kan heelwat meer swart stemme trek as Maimane – veral onder die Xhosas. Ek het dit eintlik gedoen om gek te skeer met die politiek onaangepaste(bedoelende agterlike) Sparks, maar dink tog dit kan ‘n opsie vir die DA wees! (ek kon nie sien of daar reaksie op my voorstel was nie, want my kwota toegang tot Netwerk24 is opgebruik vir hierdie maand. Vermoed hier is ‘n paar ouens op Praag wat my hier ook aan ‘n kwota sal wil onderwerp!).
Maar dis vir my nogal veelseggend dat die klomp wit DAs in die Kaap vir Vavi en Tutu so voorop gestoot het in hulle opmarse gister. Sou hulle dalk begin besef dat hulle wittetjies en “verbleikte” swartetjies nie aanvaarbaar is vir die “massas” nie?
“Die man het ernstige frustrasie en bitterbekkigheid!” dit is verseker so. Ek heg GEEN waarde aan Vavi se kommentaar nie, ek is eintlik maar net verwonderd oor hoe die rakker se uitlatings nou “verregs” klink 🙂
Tutu is maar die “village id10T” – hy word maar deur die DA misbruik.
Ek weet nie hoe Netwerk 24 deesdae werk nie – ek het baie lanklaas daar gaan lees. In die verlede wat vir my gewerk het na die kwota was om die koekies wat die network op my lokale rekenaar stoor uit te vee en dan het ek heerlik verder gelees. Dit is ‘n pyn maar daar is GEEN manier waarop ek vir Nutteloos 24 my geld oorhandig nie. (Ek hoop hierdie kan bietjie help)
Stortjie is ook nogal gewild onder die xhosas as jy sien hoe hy in PE ontvang is. So as hy sou DA toe verkas wys dit dat hy ook maar net ‘n beroepspolitikus is wat gaan waar die stroming hom neem. Jellievis is die eerste gedagte wat opkom.