Koninklike werker dalk deel van regse party

17:02:24 Buckinghampaleis het gesê dat een van hulle werkers – Paul Murray – ontken het dat hy lid was van die Britse Nasionale Party (BNP).

'n Werker in diens van die Koningin is gisteraand ontbloot as 'n beweerde lid van die BNP.

Paul Murray, 'n stoorman in die paleis, se naam was op 'n  kopie van die ver-regse party se vertroulike lidmaatskaplys.

Die 41-jarige, wat tot vroeër vanjaar in 'n "gunste en gawes"-woonstel ter waarde van een miljoen pond gebly het, was saam met sy vrou Jennifer (44) klaarblyklik opbetaalde lede van die groep.

Hy is een van twee mense met koninklike skakels wat beskuldigings in die gesig staar dat hulle simpatiseerders is van 'n "ekstremistiese" organisasie. Hy het die bewerings heftig ontken.

Voormalige paleisportier, Norman Goldsmith, 74, is ook gelys as 'n BNP-aktivis.

Hy het in 1994 afgetree, maar bly in 'n woonstel by Royal Mews by die Hampton-hofpaleis.

Die koningin is in die nadraai gevang van die BNP se lidmaatskaplys van sowat 12 000 mense wat op die internet uitgelek het, en wat skokgolwe deur die land gestuur het.

для девочкиФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae