Professor Jonathan Jansen: Ons eie Joseph Goebbels

ImageTot my groot verbasing was hierdie geagte professor gasspreker by die jaarlikse Hans Brenninkmeijer Gedenklesing in Johannesburg die afgelope Julie, en hy het ’n belangrike boodskap vir sy gehoor oorgedra. Vir die weldenkende, deursnit Calvinisties-opgevoede Afrikaner is hierdie boodskap ook uitermate belangrik om hier kennis van te neem, veral die jeugdige variant van hierdie etniese groep. Hulle vorm naamlik ’n gevaar vir die samelewing, en hulle is nie vatbaar vir verandering nie.

As sulke woorde gebesig word deur die dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria behoort dit, om die minste te sê, ’n paar wenkbroue te lig. Na my mening behoort ’n dekaan van opvoedkunde juis soveel moontlik van sy tyd en energie te spandeer om jong mense die kans te gee tot ’n ordentlike opvoeding. Dit lyk nie asof hierdie hooggeleerde homself werklik op daardie terrein besig hou nie, altans nie op ’n wetenskaplike manier nie. Soos soveel politiek-korrektes investeer hy eerder in ideologiese vraagstukke as om homself besig te hou met wesentlike probleme op voetsoolvlak. 

Jong Afrikaners is gevaarlik. Hulle is boos en het baie rigiede opvattings oor swartes. Hulle wat ná die vrylating van one eie Afrika-Heiland, Nelson Mandela gebore is, dra die sade van bitter kennis wat nog nie verander het nie, en is maklik vatbaar vir uitermate bose rassistiese aanvalle. As voorbeeld noem hy die Waterkloof Vier, die Reitzkoshuisontgroenings (wat ook deesdae as rassistiese aanvalle getipeer kan word) en natuurlik die Skielik-insident.

En wat sou die oorsaak wees van hierdie insidente? Die plaasmoorde miskien, wat volgens Dr. Gregory Stanton iewers tussen fases 6 en 7 (uit 8) verkeer in terme van algehele volksmoord, waarin hoofsaaklik wit boere geteiken word? Of dalk regstellende aksie, wat bekwame mense land uit stuur en die res van die bevolking in armoede agterlaat? Wat van die eindelose siklus van geweld en ontwrigtende gevolge van post-traumatiese stres wat hieruit ontstaan? Of moontlik die feit dat jy nie weet of jy jou gesin weer sal sien as jy gewoon oppad werk toe ry nie, dis nou te sê as jou werkgewer nie oornag besluit het om jou te ontslaan nie?

Nee! Dit is alles die gevolge van ’n slegte opvoeding wat hierdie jeugdiges van hul rassistiese ouers gekry het. Jeugdige blankes moet leer dat daar geen verskil is tussen wit en swart nie. As William Kekana sy moord en verkragting van ’n kleuter en twee vroue regverdig deur na hul wit velkleur te verwys, moet die blankes nie kwaad word nie, maar hierdie insident beskou as ’n uitvloeisel van politieke ongelykheid.

Swartes mag maar moor, roof en verkrag soos wat hulle wil, maar Afrikaners moet leer om uit hul gemaksones te stap en swartes te omhels, en nie net te tolereer nie. Ek dink egter dat van die sowat 30 000 blankes wat vermoor is sedert Mandela se vrylating het ’n groot deel van hulle gesoebat om nie vermoor te word nie.

Dit is oorduidelik dat Jansen besig is met drogredenasies en propaganda van die ergste aard. Die geleerdes op hierdie terrein praat maklik van vrees wat oorslaan na haat, soos by die Skielik-insident. Wat my egter meer kwel is wanneer hooggeplaaste persone, met ’n groot maatskaplike verantwoordelikheid, en wie se woorde van nasionale belang is, dieselfde tendense begin toon, soos in Jansen se geval.

Wat Jansen predik is eintlik dat blankes, puur op grond van hul etniese afkoms, ’n stigma met hulle saamdra. Dit maak in feite nie saak hoe hulle daarmee omgaan nie, want daardie stigma sal nie sommer net weggaan nie.

Stigmatisering behels die ontmensliking van ’n bepaalde persoon of groep. Dit beteken in feite dat elke handeling wat ’n lid van daardie groep uitvoer verklaar kan word in terme van daardie persoon se skaamtemerk. Die rede waarom stigmatisering plaasvind is hoofsaaklik om die huidige status quo van die samelewing in stand te hou.

Met ander woorde, hoekom word Afrikaners so ongelooflik venynig afgekraak oor insidente wat ’n mens op een hand kan tel, terwyl die sowat twintigduisend babaverkragtings (as dit nie meer is nie) as minder laakbaar geag word deur die nuwe heersers? Die antwoord is omdat dit bepaalde belange dien van diegene wat in magsposisies verkeer. Die aard en doelstellings van ’n regering bepaal wie gestigmatiseer word. Die filosoof Jean-Paul Sartre het hierdie neiging goed geïllustreer in sy opstel Anti-Semiet en Jood, waarin hy stel dat antisemitisme die Jood voortgebring het en nie andersom nie, aangesien Jodehaat het ’n bepaalde doel gedien vir die magshebbers.

Enkele jare gelede het ’n ondersoek aangetoon dat minder as ’n derde van die swart bevolking vind dat Afrikaners onbehoorlik op voorregte aandring, en meer as 70% van Afrikaners vind dat alle tale net soveel bygestaan moet word om ewe belangrik te word as Afrikaans en Engels. Nou onlangs het Lawrence Schlemmer in ’n publikasie bekend gemaak dat die persentasie Afrikaners wat ontevrede is met die ANC regering sedert 2004 met 9% gestyg het, terwyl in dieselfde periode het die persentasie ontevrede swartes met 31% gestyg. Wit Engelse Suid-Afrikaners se onvrede het met 23% toegeneem. Blykbaar skeel hierdie gegewens Jansen maar min.

Waar dit feitlik op neerkom is dat Jansen geen rekening hou met die werklike tendense en verwikkelinge in Suid-Afrika nie. Al wat vir hom tel is die ongetransformeerde Afrikaner jeug wat ’n gevaar vorm vir Suid-Afrika se voortbestaan.       

Dit is duidelik dat Jansen se aanval op Afrikaners uit onopregte motiewe spruit en slegs ’n laaghartige poging is om die huidige Afrofascistiese elite se opvattings te versterk dat Afrikaners ’n bedreiging sou vorm. Afrikaners vorm so ongeveer 7,5% van die algehele Suid-Afrikaanse bevolking, waarvan een derde in ’n ernstige vorm van armoede verkeer. Daarbenewens is Afrikaners oor die hele land versprei en vorm nêrens ’n beduidende meerderheidsgroep nie. Die opvatting dat die Afrikanerjeug (wat persentasiegewys ’n breukdeel van hierdie 7,5% is) ’n bedreiging vorm, berus dus op ’n volkome absurditeit.

Hoe dit ook al sy, is die woorde van Van Wyk Louw bewaarheid. Afrikaners is tans so magteloos soos Jode in Nazi-Duitsland. Jansen se staaltjie Nazi-propaganda teen Afrikaners is die soveelste bevestiging van hierdie stelling, vandaar dat ek dink dat hy die ANC se ere-Goebbels toekenning mag ontvang, ’n verwysing na die Nazi-minister van propaganda. Die volgende toespraak wat Jansen gaan hou sal seker ’n eerste stap wees in die rigting van ’n Endlösung, met ’n soort stappeplan om Suid-Afrika finaal van sy Afrikaners te bevry. Of dalk sinspeel hy op ’n herlewing van die massa-sosialisasie soos wat plaasgevind het onder Stalin, deur kinders in weeshuise te plaas om hulle ideologies korrek op te voed. 

new young fashonАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae