Sjina bekom Amerikaanse vuurpyltegnologie

'n Amerikaanse wetenskaplike het skuldig gepleit aan die verkoop van vuurpyltegnologie aan Sjina. Die wetenskaplike het Amerikaanse wapenwette met die transaksie oortee.

Quan-Sheng Shu, 68, het erken dat hy Sjina gehelp het om 'n brandstofstelsel vir die lansering van ruimteskepe te bou.

Shu, die uitvoerende beampte van 'n hoëtegnologiemaatskappy in Virginië, het ook skuldig gepleit op die aanklag dat hy Sjinese amptenare omgekoop het om 'n kontrak vir 'n ander maatskappy te bekom.

Hy is op borgtog vrygelaat en sal in April sy vonnis aanhoor. Hy staar gevangenisstraf van tot 25 jaar en swaar boetes in die gesig.

Shu is in Sjanghai gebore, maar het Amerikaanse burgerskap verkry. Hy het werknemers by sy maatskappy beveel om dokumente te vervals rakende die transaksies wat tussen 2003 en 2007 gesluit is, volgens die aanklaers.

липецк вентилиДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae