Ontstoke bruin ouers het gesorg dat die Roodepoort laerskool in Davidsonville aan die Gautengse Wesrand Dinsdag heropen is.
Die bemiddelingspan wat die Gautengse premier, David Makhura aangestel het, het opdrag gegee dat die bruin leerlinge weer na hul eie skool moet gaan.
Die skool gaan al weke gebuk onder probleme nadat die departement ‘n swart skoolhoof aangestel het, teen die wil van die ouers.
Die premier het ook al die aanbevelings van die taakspan aanvaar om orde by die skool te herstel.
Die bruin kinders sal vandag help om die skoolterrein op te ruim, waarna onderrig môre hervat sal word.

As ons Afrikaners ‘n paar Anglikaanse kerke afbrand sal Gauteng seker ook meer inskiklik begin raak
Daar is ander godsdienstige groepe wat ook moeilikheid soek met Afrikaners. Dit was nie Anglikane wat die Luister-video gemaak het nie, maar lede van ‘n ander uitverkore stam.
Bruines staan op vir hulle regte en voer hulle wil deur. Bravo aan hulle. En ons Afrikaners bly maar die toonbeeld van onderdanigheid en inskiklikheid en aanvaar maar alles wat aan ons uitgedeel word. Pateties.
·
RE: “onderdanigheid en inskiklikheid”Mario Nel in die Volksblad (3 Sep 2015) stem saam met jou :
Universele norme geld nie meer in nuwe SuidAfrika
Heyneke Meyer se Springbokspan is gekies vir die 2015-Wêreldbekerrugbytoernooi.
’n Wonderlike euforie sak toe op Suid-Afrika en die SAUK kan begin met sy bombardering met
tonele waar kwota-spelers die een drie ná die ander druk, met skote van ’n
reënboognasie wat mekaar hartlik met die een arm omhels, want die ander hand
hou die bier vas.
Ons juig ekstaties, met elke kammadrie wat gedruk word. Ons het reeds driekwart die
Wêreldbeker gewen. Weer eens het gedienstige onderdanigheid geseëvier. Cosatu en Tony Ehrenreich het gepraat en die rugby-elite het op aandag gespring. Kwotas en BEE is die alfa en omega in Suid-Afrika. Indien jy dit nie slaafs toepas nie, is jy ’n “rassis” en ’n “konserwatiewe, teen-revolusionêre element”.
Die eens trotse Afrikaner is gereduseer tot ’n moderne post-koloniale slaaf van die Nuwe
Suid-Afrika. Afrikaners mag nie vrae vra nie. Afrikaners mag nie verskil nie.
Afrikaners mag nie dink nie.
Jy mag nie aandring op antwoorde oor hoekom sokker nie getransformeer word nie. Jy mag ook
nie vra hoekom die tradisionele Engelse universiteite nie ’n
dubbelmedium-taalbeleid navolg nie.
Al wat die Afrikaner mag, is om belasting te betaal, om te konformeer, om sy bates te
deel, en om die dreigement aan te hoor dat hy sy plase “gesteel” het en daarom
met die massas moet deel. Verder moet die Afrikaner die “agtergeblewenes” oplei
om sy bates te bestuur nadat hy dit aan hulle oorhandig het.
Watter ander volk in die wêreld sal dit so kinderlik gehoorsaam aanvaar en selfs later
na-praat? Die universele norme van harde werk, pligsgetrouheid,
deursettingsvermoë, beplanning en entrepreneuriese vernuf om rykdom te skep
ontbreek in Suid-Afrika. Hier geld BEE en kwotas wat nie daarin slaag om rykdom
vir die massa te genereer nie, maar wat slegs die bevoorregte nuwe BEE-miljardêrs
oor en oor bevoordeel.
Die Afrikaner sal ernstig oor sy toekoms in die nuwe Suid-Afrika moet besin.
Mario Nel Bloemfontein