Skietery by winkelsentrum in Kroonstad eis een

‘n Sekuriteitswag is Dinsdagaand in ‘n hospitaal in Kroonstad in die Vrystaat dood ná ‘n skietvoorval by ‘n winkelsentrum.

Netcare 911-woordvoerder, Chris Botha, sê met paramedici se aankoms by ‘n kruidenierswinkel in die sentrum omstreeks 21:00 het die gewonde man op die grond gelê. Hy het skietwonde aan die kop gehad.

Botha sê die skietvoorval word deur die polisie ondersoek. Niemand anders is beseer nie. Dit is nog onbekend of die sekuriteitswag in ‘n rooftog geskiet is.

One thought on “Skietery by winkelsentrum in Kroonstad eis een”

Maak 'n opvolg-bydrae