Drie verdagtes van Virginia sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Excelsior verskyn nadat hulle Woensdag buite die dorp met beweerde gesteelde koperkabel ter waarde van sowat R100 000 betrap is.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, Martin Xuma, sê die koperkabel weeg 50kg.
Volgens hom het ‘n polisiebeampte van die plaaslike polisiekantoor gisteraand inligting ontvang dat die mans tussen die ouderdom van 37 en 57 beplan om ‘n transformator se koperkabel te steel.
Die polisiebeampte, wat reeds van diens af was, het vinnig op die wenk gereageer en nog polisiebeamtes is ontplooi.
Xuma sê die polsie is na Mahlatswetsa waar die bakkie, wat glo in die rooftog gebruik sou word, gestaan het.
Hulle het die bakkie met die bestuurder daarin dopgehou tot die ander twee verdagtes opgedaag het.

Op ‘n ligter noot… ‘n Rubriekskrywer -ster (verslaggewer?) is ‘n “gebore” prokureur; dokter; tandarts of politikus…
Die “die (drie) mans tussen die ouderdom van 37 en 57…”, in die berig hierbo kon net sowel “die mans, (onderskeidelik) 36, 47, 57 jaar oud”… gewees het. Korter en dan het mens ook geweet hoe oud hulle is. Soos dit is, kan mens net gis… Presies die modus operandi van die vier benoemde beroepe – laat altyd ‘n deur oop om weer in te glip… By wyse van goedige spreke.
Dus, kan ek met redelike veiligheid sê dat ‘n verslaggewer by hulle pas? 😉
Geseënde dag verder aan u almal.
Hehehe, nou toe nou. Hier is my dorpie al weer in die nuus.;
Ongelukkig is hierdie informasie nie veel werd nie. Liewe blix?? 50Kg koper teen ‘n prys van R100,000 ??
Ek weet dat goud en koper amper die selfde kleur het, maar die prys van R2000 per kilogram vir koper…..??