praag.co.za

Wêreld se grootste skrywer Günter Grass oorlede

Written by

in

,

Die grootste Duitse skrywer van ons tyd, Günter Grass, wat die stiltes van die verlede vir ‘n generasie Duitsers verbreek het, is in die hospitaal in Lübeck op die ouderdom van 87 oorlede.

Die Duitse president Joachim Gauck het die huldeblyke vir een van die wêreld se letterkundige reuse, gelei. “Günter Grass het ontroer, en hy het die mense van ons land in vervoering gehad, laat dink met sy literatuur en sy kuns,” het hy in ‘n verklaring gesê. “Sy literêre werk het aan hom vroeë erkenning regoor die wêreld besorg, soos sy Nobelprys tot ‘n groot mate daarvan getuig het.”

“Sy romans, kortverhale, en sy gedigte weerspieël die groot hoop en verdraaiings, die vrese en begeertes van ‘n hele geslag,” het die verklaring voorts gelui.

Huldeblyke het binne minute na die aankondiging van Grass se dood op Twitter deur sy uitgewer, Steidl begin verskyn.

Sy laaste roman in 2002, Kreeftegang, is in Afrikaans uitgegee deur PRAAG. Dit handel oor die Duitse skeepstragedie, die Wilhelm Gustloff wat in 1945 gesink het. Grass het sy laaste boek ‘n “liefdesverklaring aan die Duitse taal” genoem. Die boek bevat dele van die Duitse dialek, baie naby aan Afrikaans, wat Paul Kruger en Otto von Bismarck met mekaar gepraat het toe hulle ontmoet het.

Dit is meesterlik in Afrikaans oorgedra deur die akademikus, teaterkenner en vertaler Arnold Blumer.

Grass is opgekommandeer om in Hitler se weermag te dien in 1944 op die ouderdom van 16, as ‘n tenkkanonnier in die Waffen SS.

Dié onthulling het gesorg vir beskuldigings van verraad, skynheiligheid en opportunisme toe hy daaroor geskryf het in sy 2006-outobiografie, Skil die ui.

Die skrywer was verras deur die negatiewe reaksie. Grass het gesê die SS was bloot ‘n “elite-eenheid”, en dat hy openlik en eerlik was oor sy oorlogsrekord.

Hy is later in Cottbus gewond en gevange geneem, sonder dat hy ‘n skoot geskiet het en is in ‘n militêre hospitaal van die Amerikaanse weermag opgeneem.

Maar Grass het nogtans met sy kenmerkende eerlikheid verklaar: “As ek drie of vier jaar vroeër gebore was, sou ek, sekerlik, oorlogsmisdade gepleeg het.”

Hy het in 2012 vir groot omstredenheid gesorg nadat hy ‘n gedig Wat gesê moet word, gelyktydig in die Süddeutsche Zeitung, die Italiaanse La Repubblica en Spaanse El País, gepubliseer het.

Die gedig het Israel se beleid teenoor die Palestyne gekritiseer. Dit het ‘n woedende reaksie van die Israeliese ambassadeur in Duitsland, Shimon Stein, ontlok wat uitgevaar het teen Grass se “versteurde verhouding tot sy eie verlede, die Jode, en Israel”.

Comments

5 responses to “Wêreld se grootste skrywer Günter Grass oorlede”

  1. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    de miljoenen Duitsers die, na generaties te hebben opgebouwd zoals bv. in Silezië e.v. Ost gebiete, zijn verjaagd, terwijl velen werden vermoord en verkracht en gedeporteerd op aangeven van Ilja Ehrenburg c.s., worden in Gdansk of Danzig, Polen, o.m. in het ‘onderwijs’ nog steeds als terugkerenden omschreven.
    En de ‘Bund der Vertriebenen’ komt maar moeilijk tot erkenning en loopt op eieren in deze vrije wereld.
    De lijst van misdaden tegen de mensheid hield bepaald niet op in 1945.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Enige Duitser wat net iets vir sy eie volk/taal/nasie wil doen en net skeef na Israel kyk sal aangeval word. Die sondes van die vaders wat aan die kinders besoek word.

  3. Edkrause Avatar
    Edkrause

    Kyk bietjie hierna….ek weet dis miskien ‘n bietjie “off-topic” ..maar nie te ver nie!

    https://www.youtube.com/watch?v=ZeUT3cPns9s

    1. Betzie van Rensburg Avatar
      Betzie van Rensburg

      Mooi is darem maar mooi .

    2. Dolk Avatar
      Dolk

      Dit illustreer presies my perspektief oor die Afrikaan… Wys my waar jy vandaan kom en, ek sal jou wys waarheen jy oppad is…

      Die Afrikaan het NIKS om te wys wat hy gebou het nie. Géén murasies uit steen, of plase nie. Daar was géén grense nie. Géén paaie van vervloë dae nie. Géén geskrifte – géén gedokumenteerde geskiedenis nie. Hul wolkekrabbers was fondasieloos, klei en takke was al bou materiale. Géén bote géén wiele géén kerse of tekens van enige fabrieke nie…

      Hy wie geen geskiedenis op skrif het nie, het geen aanspraak – om wat geskrywe staan te verander nie! Daar is geen groter leuen oor wie jy is, as die verdigsels wat jy uitdink – om die eintlike waarheid te kruisig nie. Wees eerder skaam en verleë oor die waarheid – as verwaand en vol selfvertroue oor ‘n infame leuen! En so baie meer…

      Die Afrikaan se meesterstukke bestaan uit swart gebrande murasies – murasies waarvan hy nie ooit die argitek van is nie. Daar is geen Einstein’s onder die Afrikane nie. Slegs mensvreters…

      En nou is dit ons skuld dat hulle alles wat ons gebring het – daarom verwoes? Die Afrikaan is ‘n vervloeking vir enige beskawing.

      Die Afrikaan was half kaal in die wildernis gevind toe die Witman hom die eerste keer teëgekom het. Hulle het ons as “gode” beskou en ons hulle as primitiewe barbare. Niemand het fout gevind daarmee nie.

      Die Afrikaan is oppad na daar waar hy vandaan kom – moet hom nie stuit nie! Hulle is besig om mekaar uit te moor – staan terug en verwag vervulling van wat voorspel was. Wees waaksaam.

Leave a Reply