Nuwe oorkoepelende raad by NWU oorweeg

Een van die gevolge, indien die NWU sou oorskakel na ‘n gesentraliseerde bestuursmodel, is dat die huidige studenteraad van die Potchefstroomkampus kan wegval in ruil vir ‘n oorkoepelende studenteraad van al drie kampusse.

Dit is volgens kampusrektor Herman van Schalkwyk, en blyk uit sy toespraak aan honderde studente in die kampus se amfiteater Dinsdag.

Daar word tans ‘n nuwe bestuursmodel vir die universiteit, wat bestaan uit die Potchefstroom-, Mafikeng- en Vaal Driehoekkampus, oorweeg. Die belynde model, wat deur visekanselier Dan Kgwadi voorgestel word, sal ook behels dat daar slegs een dekaan per fakulteit oor kampusgrense heen sal wees.

Fondse sal ook so belyn word dat al drie kampusse op dieselfde vlak kan kom wat betref infrastruktuur.

Van Schalkwyk het aan OFM-nuus gesê dat die beplanningsfase egter nog nie voltooi is nie.

3 thoughts on “Nuwe oorkoepelende raad by NWU oorweeg”

  1. Wat gaan aan by die NWU, en veral by die Potchefstroom-kampus?

    Hierdie probleem het begin toe daar tydens ‘n Raadsvergadering van die destydse PU vir CHO gehou op 30 November 1983 op die glybaan van rasse-integrasie beland het en besluit is dat: “……..in beginsel aanvaar is dat binne die raam van die ooreenkoms met die Minister van Nasionale Opvoeding, anderskleuriges as studente ook op voorgraadse vlak en wel vir voltydse en na-uurse studie op beide kampusse van die PU vir CHO toegelaat kan word….” (Notule 7.3.1) en dat “…….diegene wat as studente aan die PU vir CHO registreer, gewoonweg as studente aan die PU vir CHO behandel word – ongeag ras of kleur. Dit impliseer ook dat almal wat ‘n bepaalde kursus volg of vir ‘n bepaalde vak inskryf, gesamentlik die kursus deurloop, in die vak klasse ontvang en wel tydens dieselfde geleentheid by dieselfde dosent……” (Notule 7.3.5).

    Ek weet want ek was destyds ouderling op die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk, Wierdapark, toe ek en mede-ouderling, br Dawie de Bruin, op 20 Mei 1984, ‘n dringende skriftelike versoek tot die kerkraad gerig het dat bogenoemde aangeleentheid as ‘n saak van dringende belang beskou sal word en as ‘n dringende Kerkraadsaangeleentheid ondersoek sal word. Dit was gedoen omdat dit onder ons aandag gekom het “…..dat ‘n vergadering van die Universiteitsraad op Donderdag 24 Mei 1984 gehou sal word waardtydens kommentare en besware van alle belanhebbendes in die bogemelde verband aangehoor en oorweeg sal word”, en die tyd dus kort was om ‘n beswaar in te dien.

    Nadat die aangeleentheid wel voor die Kerkraadsvergadering gedien het, is daar besluit dat “…….’n Kommissie aangewys sal word om volledig ondersoek in te stel na be-oogde oopstelling van die PU vir CHO en die Kerkraad en diakens met pre-advies te bedien.”

    Nadat die Kommissie aan die Kerkraad gerapporteer het en die aangeleentheid deeglik bespreek is, is daar tot die volgende Mosie-besluit geraak: “Die Kerkraad is dankbaar vir die inisiatief wat die Universiteit neem om Christelike Hoër Onderwys aan anderkleuriges uit te dra maar stem nie saam met die wyse waarop dit ten uitvoer gebring moet word nie, nl gesamentlike klasse en studentelewe nie.”

    Aangesien die aangeleentheid dringend van aard was omdat ‘n vergadering van die Universiteitsraad op Donderdag 24 Mei 1984 gehou sou word waardtydens kommentare en besware van alle belanghebbendes in die bogemelde verband aangehoor en oorweeg sal word, is besluit dat die Kerkraad se skriftelike besluit persoonlik deur emeritus professor Bingle wat ook in die gemeente ‘n lidmaat was, tydiglik per hand aan die Universiteitsraad oorgedra sou word.

    Om ‘n lang storie kort te maak, nodeloos om te sê, hierdie besluit is, soos klaarblyklik soortgelyke besware deur ander Kerkrade s’n, nie in aanmerking geneem nie en het die Universiteit maar net van van een glybaan van rasse-integrasie tot die ander beweeg, soveel só, dat die naam daarvan verander is en dit van sy Christelike karakter ontdaan is en tot dit in die toestand is waarin dit vandag verkeer.

    En ek glo dat daar steeds nie enige keer sal wees nie. Dit sal maar steeds van die een glybaan van rasse-integrasie en transformasie voortgaan totdat dit uiteindelik soos feitlik alles wat deur die Afrikanervolk in hierdie eens geliefde land van ons tot stand gebring is, met behulp van verdwaalde en liberale Afrikaners, hul kerke, hul doktore en professore, met hul titels, tossels en togas, in die hande van slegs swart ANC-kaders beland en uiteindelik sy karakter verloor en tot niet sal gaan.

    As die noue verband van die PU vir CHO met die Gereformeerde Kerk soos:

    – in Akta Nasionale Sinode 1982;

    – asook ander Sinodebesluite in verskeie standpunte soos gehandhaaf in die Almanakke van die Gereformeerde Kerk, met spesifieke vermelding na die Almanak van 1983 onder die artikel wat handel oor “Ons Universiteit: PU vir CHO” deur prof Tjaart van der Walt, Rektor (P191);

    – herhaalde versoeke van die PU vir CHO aan Gereformeerde Kerke deur die jare om bg Universiteit by lidmate aan te beveel a g v die noue band tussen die Gereformeerde Kerk en die Universiteit;

    – die ontstaan van die Universiteit uit die hart van die Gereformeerde Kerk; finansiële ondersteuning van die Gereformeerde Kerke en individuele Gereformeerde lidmate aan die Universiteit, ens.,

    is dit wat daar die afgelope aantal jare by dié Universiteit gebeur het en steeds gebeur, niks anders as verraad teen die Gereformeerde Kerk(e) en al sy lidmate!

    Dit is maar weer eens ‘n bewys van hoe liberale en vrysinnige Christen-Afrikaners en die Afrikaner in die algemeen in beheer van instellings soos die gewese PU vir CHO, bereid is om alles terwille van politieke korrektheid en om die ANC terwille te wil wees, tot niet te laat gaan.

    MAG GOD DIE OORBLYWENDE, OPREGTE, CHRISTEN-AFRIKANERVOLK EN SY CHRISTENKERKE, MET HUL INSTELLINGS, WAT NOG OORBLY, BEHOEDE !

    Gert Kruger

    Wierdapark

    ———————————-

    Subject: Wat gaan aan by die NWU, en veral by die Potchefstroom-kampus?

    Stuur die nuusbrief asb. aan ander oud-Pukke.

    Geagte oud-Puk of ondersteuner van die NWU,

    Wat gaan aan by die NWU, en veral by die Potchefstroom-kampus?

    Dit gaan nie goed nie!

    Ons dink dit is tyd om die feite ernstig onder oë te neem. Die “ons” wat in ons persoonlike hoedanigheid hierdie skrywe tot u rig, is die volgende persone in alfabetiese orde:

    Dr DG (Douw) Breed: Die voorsitter van die Kuratore van die Teologiese Skool van die GKSA (TSP); was voorsitter van die afgelope Algemene Sinode van die GKSA, was al lid van die Raad van die NWU, en is predikant van die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand.

    Prof A le R (Dries) du Plooy: Tans CEO van Greenwich School of Theology, UK based; was voorheen rektor van die TSP, dekaan van die Fakulteit Teologie, lid van die Senaat van die NWU asook van die Uitvoerende Bestuurskomitee van die Senaat van die NWU asook lid van die Raad van die NWU.

    Ds PM (Paul) Modise: is predikant van die Gereformeerde kerk Kagiso; was lid van die kuratore van die TSP.

    Ds MA (Abel) Modise: is predikant van die Gereformeerde kerk Kwa-Thema/Ratanda/Tsakane. Is lid van die kuratore van die TSP, was lid van die moderamen van die Algemene Sinode van die GKSA.

    Prof. PJJS (Pieter) Potgieter: tans afgetrede professor van die NWU; was hoof van die Departement Politieke Wetenskappe, Studentekaan, hoofdirekteur van die Skool vir Filosofie

    Die NWU en veral die Potchefstroom-kampus is in die laaste tyd dikwels in die nuus. Hierby aangeheg vind u belangrike dokumente/berigte waarvan u as oudstudent of as deel van die ondersteuningsgemeenskap van die universiteit behoort kennis te neem. Die huidige situasie maak ons diep bekommerd, en noop ons om nie net vanaf ‘n afstand te kyk wat gebeur nie, maar om binne ons vermoë en regte op ‘n effektiewe manier te reageer. Die dokumente waarna ons verwys, is die volgende:

    “Uit die rektor se kantoor” – beskikbaar gestel aan die personeel en die alumni;

    Berig in Die Volksblad van 13 Maart: “Spanning by die NWU. Herman van Schalkwyk verbreek stilswye”;

    Tweede berig in Die Volksblad van 13 Maart 2015: “NWU-senaatsvergadering eindig onverrigter sake”, met belangrike kommentaar en korreksies daarop deur prof Fika Janse Van Rensburg (waarnemende viserektor Potchefstroom kampus, NWU).

    Hierbenewens kan u ook kennis neem van berigte oor die NWU in Beeld, veral wat vandag (13 Maart 2015) en vroeër in die week verskyn het.

    Ons as ondergetendes is en was vir lang periodes intens betrokke by die NWU, op verskillende maniere, maar kyk tans van “buite”. Ons lees en hoor en neem waar wat in die amptelike vergaderings en raadsale van die universiteit plaasvind.

    Dit is alom bekend dat die NWU besig is met ‘n strategiese beplanningsproses, veral aan die hand van dokumente daaroor onder leiding van die visekanselier en die institusionele kantoor van die NWU. Soos blyk uit die aangehegte dokumentasie het daar spanning oor die aangeleentheid ontstaan. Nie oor die noodsaak van voortdurende aanpassings en of sinvolle transformasie nie, maar oor die metode en werkswyse wat gevolg word, sowel as oor die gedagterigting en doelwitte van die strategiese beplanning

    Die standpunte en optrede van die visekanselier van die NWU, prof Dan Kgwadi en sy mede institusionele bestuurslede kom vir ons vreemd voor, om die volgende redes:

    Gemeet aan die wetlike en statutêre regte, bevoegdhede en funksie van ‘n Senaat van die universiteit, lyk dit nie of die huidige proses ten opsigte van die strategiese beplanning daaraan voldoen nie;

    ‘n Duidelike aanduiding dat dit die geval is, blyk uit die aangehegte berigte en veral uit kommentaar/korreksies van prof Fika Janse van Rensburg oor die gebeure by die insitusionele senaat van die NWU;

    Dit skemer ook deur dat die visekanselier in sy wyse van bestuur van die universiteit reeds volgens sy ideaal van ‘n suiwer unitêre bestuursmodel opereer, waar die aspek van diversiteit en afsonderlike kampusse as bestuurseenhede binne die eenheid van die NWU geïgnoreer word.

    Die dringendheid en spoed waarmee die visekanselier die universiteit in sy geheel wil omvorm is opvallend. Uiters krities- belangrike aspekte wat ter sake is en moet wees in ‘n besluitnemingsproses oor wat die transformasie presies moet behels, is nie beskikbaar gestel nie; en skynbaar word die senaat ook nie in die geleentheid gestel om sy eie navorsing daaroor te doen nie, op grond waarvan sy advies aan die raad oor die aangeleentheid gegee kan word nie.

    Die indruk word geskep, onder meer as gevolg van uitlatings van die Minister van Onderwys, en van die visekanselier, dat die beleid van die ANC en die ideale in terme van die NDR (Nasionaal Demokratiese Rewolusie) intensioneel ‘n groot rol speel in die strategiese beplanning, soos blyk uit die dokumente daaroor.

    Ons dringende versoek aan die universiteit is om die strategiese beplanning te doen binne die vereistes en raamwerk van die Grondwet, van die Wet op universiteite, asook die Statuut van die NWU, waarby die karakter en etos van die kampusse (ingesluit die Potchefstroom-kampus) gerespekteer en behou sal word.

    Binne hierdie raamwerk wil ons ons regte toeëien ten opsigte van aspekte soos taal, kultuur, gehalte, terwyl ons ook aktief daaraan meewerk om presies dieselfde te doen ten opsigte van elkeen in die land met ‘n verskeidenheid van tale en kulture. Dit gaan om die handhawing van die diversiteit waarvoor die Grondwet voorsiening maak, en nie om die uitwissing of ignorering daarvan nie.

    Ons weet dat indien die NWU, en veral die Potchefstroom-kampus die steun van ons as ondersteuningsgemeenskap sou moet verloor, dit fatale gevolge inhou vir die bestaan en prestasie van die NWU. Hierdie ondersteuningsgemeenskap bestaan uit heelwat komponente en is verspreid oor alle sfere van die samelewing.

    ‘n Bestuursmodel wat beoog word, sluit ook die moontlikheid in dat sogenaamde kleiner fakulteite, soos teologie ( en regte) bestuursmatig inskakel by ander sogenaamde groter fakulteite. Die vernietigende effek hiervan spreek vanself.

    Ons versoek aan u as deel van die ondersteuningsgemeenskap van die NWU, veral van die Potchefstroom-kampus, is die volgende:

    Versprei die inligting soos byvoorbeeld in hierdie dokumente aan u verskaf binne u netwerke en mede-ondersteuners;

    Raak aktief en effektief betrokke by die gebeure by die NWU, deur byvoorbeeld u mening daaroor aan die NWU en in die openbaar te gee;

    U sou ook met ons verder kon kommunikeer oor die aangeleentheid.

    Dit is onnodig om die belangrikheid van die saak waaroor dit gaan aan u te motiveer. Dit spreek vanself. Ons is mense wat respek het vir owerhede, ook vir die bestuur van instellings soos universiteite, maar gedienstigheid aan die wil van politieke partye of van individue wat indruis teen ons oortuigings en Grondwetlike regte, kan van niemand verwag word nie.

    Indien die institusionele bestuur sou voortgaan met die huidige beplanning, sou die vraag gevra kon word, of die samesmelting van die drie kampusse (inrigtings) nie grondig hersien moet word nie, en of dit nie aangewese is om weer te ontbondel nie.

    Onderteken deur:

    Dr DG Breed

    rof A le R du Plooy

    s MA Modise,

    s. PM Modise

    rof PJJS Potgieter.

    Potchefstroom

    3 Maart 2015.

    http://www.propuk.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae