HSM dink landsbestuur is ‘n swart Idols-kompetisie

Die parlementêre sirkus waar die media sowel as lede klaarblyklik meen dit gaan om ‘n klugtige swart Idols-kompetisie eerder as landsbestuur, duur voort.

Hoofstroommedia berig oudergewoonte oor verskillende politieke persoonlikhede wat mekaar slegsê asof dit van enige wesentlike belang vir die produktiewe minderheid sou wees.

Opposisie-parlementslede het intussen tydens die debat oor die staatsrede hul ontevredenheid uitgespreek oor die weglating van sommige sleutelgebeure uit die notules van verlede week.

Hulle kla dat geen melding gemaak word van die blokkering van selfoonseine wat plaasgevind het nie. Dit is nie seker wat die meeste opposisiepartye kan kommunikeer of twiet wat aan die ANC se meerderheid sal verander nie.

Die uitsmyting van die EFF-lede sowel as die DA wat agterna uit die Nasionale Vergadering gestorm het om verrigtinge verder te ontwrig, is nie onder die besprekingspunte nie.

Soos verwag, het EFF-leier, Julius Malema sy toespraak weer begin met ‘n verwysing na Nkandla.

5 thoughts on “HSM dink landsbestuur is ‘n swart Idols-kompetisie”

  1. Nogal vreemd dat Afrikaners die petaljes deesdae in die Kaapse praathuis belewe asof die Afrika-sirkus beoordeel moet word binne ‘n Westerse (ook politieke) waardestelsel, een kommentaart op ‘n ander webwerf waarin die skrywer waag om te verklaar sy het haar so oor verlede Donderdag se aapstreke geskaam.
    Hoewel daardie raadsaal met Westerse meubels pronk, ‘n klankstelsel het en ander Westerse behangsels (ook Parlementslede!, moet die verloop van gebeure daar met ‘n Afrika-waardestelsel as uitgangspunt beoordeel word. Dit sluit die deur-die-vingers-sien van korrupsie en ‘n vervallende staatbestel in. Die deursneë Swart kyker na die skouspel sien nie Jacob Zuma se Nkandla-vergrype as ‘n verleentheid nie, inteendeel, dis sy leier op sy utmuntende heel beste, kyk net wat maak hy met Westerse howe en Westerse politiek en Westerse begrotings.
    Verseker is dit ook ‘n stryd tusen Suid-Afrika se Swart stamme, die Swart parlementêre DA-leier gewis nie daarby uitgesluit nie (Zille en Maimane se hanteerders wat dit weet en boonop geniet).
    Dit klink dalk holrug-gery om na ons vadere se beskouing van die Swarte te verwys, maar is dit nie presies wat nou in die Kaapse parlement gade geslaan word nie. Afrika besluit self oor hoe ‘n Afrikaan in die politiek presteer, wat is ‘n Swart politikus se sterk en swakpunte. En die hoogste punt wat ‘n Swart politikus by Swart ondersteuners kan behaal is wanneer hy Westerlinge en die Westerse poltieke waardestelsel op die neus laat kyk. Presies soos Zuma doen.

    1. Korrek. Die grootste fout wat blankes (maw Westerlinge) maak is om Afrikane teen Westerse standaarde te meet en dit is fataal soos ons kan sien met die huidige gebeure. Dit is ‘n liberale sienswyse wat ons lewensuitkyk in Afrika besmet het. Die “daar is net een ras, die menslike ras” strooi is die ondergang van elke Westerse regering vanaf Amerika na Noorwee na Australie na Suid Afrika. Die liberale sienswyse herken nie dat daar wesenlike kulturele verskille tussen etniese en rasse groepe is nie wat vertaal na ‘n lewenssiening wat wereld breed van ons sin verskil

    2. Dit is juis omdat ons maatstawwe verskil (soos jy tereg hier bo sê) dat die kulture nie in een land saam kan bestaan nie. Die een sal altyd die ander as “minderwaardig” beskou omdat die meting anders is. DIT is hoekom ons ons eie land benodig. DIT is hoekom die skeiding van rasse in hul EIE lande ‘n goeie ding is.

    3. Heeltemal reg. En dit is hoekom ‘n sogenaamde demokrasie nie in Frikkie se vervalle Suid Afrika werk nie. Die swart, en moenie ‘n fout maak nie baie van die wit stemgeregtigde massas, kyk na die prag en praal, die modegiere, die seremonie en blink knopies van die erewagte. Die rooi tapyt teen die trappies van die parlement op, soos tydens die oscars, waar trogvarke met mekaar meeding oor wie die dekadenste aangetrek is. Hulle is stomgeslaan oor die magsvertoon en die onderdanigheid van die omstanders. Hulle kyk na lofsangers en blink motors asof hierdie selfaangestelde groep kleptomane sterre en helde is. Alles oeverblindery om die spul politieke pionne tot ‘n “heersersklas” in die oe van die oningeligte massas te verhef.
      Die leuens en retoriek in die toesprake en die gebrek aan inbors en integriteit van die spul struikrowers is ‘n bysaak.

  2. Net 4 reaksies maar beslis die meeste OP stemme wat ek nog gesien het in net 4 reaksies.
    Dit moet beslis iets beteken, en ek hoop daar is “buitestaanders” wat hiervan kennis neem.
    Hierdie rubriek is ook kort maar kragtig en vat met min woorde die “kanker” in ons hele land se politieke bestuur sekuur vas.

Maak 'n opvolg-bydrae