Die bekende Afrikaanse sanger-akteur paartjie wat verlede jaar in die geheim afgehaak het, spog nou met nog opwindende nuus.
Bok van Blerk en sy vrou Hanna Grobler, verwag hul eerste pienkvoet in Junie.
Van Blerk is bekend vir sy treffer oor die Boeregeneraal Koos de la Rey.
Die gewilde sanger het in Januarie malaria opgedoen tydens ‘n vakansie in Mosambiek. Hy was reeds terug in SA vir optredes toe hy die simptome opgemerk het en behandeling gekry het.
Jenny Griesel, woordvoerder van die glanspaar, het Sondagoggend die swangerskap aan Rekord bevestig.
“Hanna is nou 19-weke swanger en dit is ’n seuntjie. Hulle is baie gelukkig en opgewonde vir die nuwe seisoen in hul lewens,” het sy gesê.
Bron: Rekord Noord

Kind se naam “De Larey”? of ek sing vir jou Madiba.
Defnitief sing vir Madiba. Bok is ‘n libdioot.
En die dag toe die vrae oor die liedjie gevra word toe val bok op sy bek.