Twee polisiebeamptes, wat Woensdag in hegtenis geneem is vir gewapende roof sal na verwagting binnekort in die Sasolburgse landroshof verskyn.
Polisiewoordvoerder, Sellwane Mapamela, sê in ‘n verklaring die 30-jarige en 38-jarige verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle deel was van ‘n gewapende roof by Zamdela op 18 Desember verlede jaar.
Volgens die 25-jarige klaer was sy, haar man en ‘n vriendin, van Johannesburg na Heilbron op pad toe hulle by ‘n kruising in Zamdela deur ‘n gemerkte polisie voertuig afgetrek is.
Hulle is deursoek en toe vertel dat hulle onder arres is. Op pad na die polisiestasie het die polisievoertuig onder ‘n brug gestop waar nog twee mans opgedaag het en geld vir hulle vrylating geëis het.
Almal is saam na ‘n winkelsentrum in Gauteng waar die vrou kontant uit haar bankrekening onttrek het.
Die verdagtes het die klaer en haar man by die winkelsentrum gelos nadat hulle die geld gekry het.
Volgens Mapamela is een van die mans ‘n sersant by die Vaal Rand honde-eenheid en die ander ‘n konstabel in die blitspatrollie.

Goeie nuus is dat die oranje oorpakke in die tronk vervang gaan word met polisie uniforms, dit spaar baie geld aangesien die mense nie met twee verskillende uniforms uitegreik hoef te word nie.
Dis in SA baie maklik om ‘n misdadiger te word. Jy sluit by die polisie aan en jy pleeg misdaad onder berkerming van die regering!