Groot probleme by Medupi-kragstasie

Groot probleme word blykbaar ondervind met Eenheid Ses by die Medupi-kragstasie in Limpopo, het RSG berig.

Die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, is intussen versoek om duidelikheid oor die kwessie te gee.

Eenheid Ses is veronderstel om sowat 800 megawatt aan die kragnetwerk te lewer. Michael sê egter daar is na bewering ‘n groot probleem met die ontwerp van die pypstelsel, wat sal verhoed dat die eenheid behoorlik werk.

Eskom het intussen gesê hy hoop dat dit vandeesweek nie nodig sal wees om beurtkrag in te stel nie. ‘n Woordvoerder, Khulu Phasiwe sê die kragnetwerk is redelik stabiel, indien niks onvoorsiens gebeur nie.

13 thoughts on “Groot probleme by Medupi-kragstasie”

  1. Dit is die TYDELIK pypstelsel wat gebruik word om die permanente pype skoon te blaas waar die probleem lê. Hulle kry dit nie reg om voldoende vloeispoed te haal teen die werksdruk nie. Hierdie is ook deur twee verskillende kontrakteurs ontwerp en gebou en die spesifikasies was in die eerste plek verkeerd geskryf (twee stelle goed wat nie “optie” nie)

    Indien die turbien se toevoerlyne nie na behore skoongemaak word nie beteken dit dat die turbien ‘n baie kort leeftyd kan hê – doen dit eerder reg (so ongeveer 3 maande – ek reken as hulle roer kan dit dalk vinniger gebeur) as om aan te jaag en die turbien te verloor of voortydig te moet vervang.

    Op ingenieursprojekte loop dinge skeef – dit is deel van die lewe. Gegee die kompleksiteit van hierdie tipe projekte is dit ‘n wonderwerk dat so min verkeerd loop. Wat egter ALTYD gebeur is dat bestuur en bestuur se bestuur se bestuur met hulle smerige pote kom inmeng (AL wat vir die klomp tel is tydskale – jy is mos altyd laat want jy het kwansuis nie jou donnerse werk gedoen nie ha ha). Die uiteinde is dat die wat die probleem moet oplos NOG harder moet werk, meer papierwerk het (verslae vir nog ‘n baas wat in elk geval nie verstaan wat jy skryf nie)

      1. Eintlik het ek na n ander baas verwys , maar die beginsel bly dieselfde . Egter is die pap besig om op die grond te val en met presisie kan mens jou woorde dolkskerp laat val . Ongelukkig gaan beeldspraak by meeste mense verby .

    1. Matimba (Medupi se voorganger in Ellisras) het ook ‘pyp probleme’ gehad … blykbaar het die stoom (wat so warm gemaak word – dat dit ‘droog’ is) die vlekvryestaal gevreet – sodat pype wat vir dekades gewaarborg was – in maande deurgevreet is!

      Wonder wie het dié keer nie hul huiswerk gedoen nie!

Maak 'n opvolg-bydrae