Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sê aanvullende eksamens sal gebruik word om te vergoed vir die daling in die matriek slaagsyfer, het RSG berig.
Dit volg nadat sy bekend gemaak het dat die 2014 slaagsyfer met 2,4% tot 75,8% gedaal het. Sy het ‘n beroep op provinsies gedoen om alles in hul vermoë te doen om te verseker dat leerders dié eksamens slaag. Die eksamens word in Februarie en Maart geskryf.
Motshekga sê die leerders wat van graad 11 na graad 12 deurgesit is, moet moet nie die skuld kry vir die daling in die 2014 matriek-slaagsyfer nie.
Die leerders is deurgesit ten spyte van besware van skole. Mosthekga sê sommige van dié leerders het baie goed gedoen.
Die daling in die slaagsyfer vir die 2014 matriek-eindeksamen is die eerste daling in vyf jaar.
Die onderwysersvakbond, Sadou sê die departement van basiese onderwys moet dieselfde klem op ander grade plaas as wat op matriek geplaas word. Die vakbond het gereageer op die aankonding dat die 2014 matriek slaagsyfer gedaal het.
Sadou sê die daling kan daaraan toegeskryf word dat onderwysers nie opgelei is om die nuwe CAPS-leerplan te implementeer nie.
Kommer is ook uitgespreek oor die onreëlmatighede wat by eksamensentrums voorgekom het.
Die minister het vroeër bekend gemaak dat verskeie eksamensentrums in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap wat van onreëlmatighede met die eksamen beskuldig is, na ondersoeke van blaam onthef is.
Die ondersoeke deur die department en Umalusi het bevind dat elf van die 39 sentrums in KwaZulu-Natal en 19 in die Oos-Kaap nie aan onreëlmatighede skuldig was nie.
Die oorblywende 28 sentrums in KwaZulu-Natal en 16 in die Oos-Kaap sal verder ondersoek word en ‘n verslag behoort teen einde van die maand beskikbaar te wees.
Nog elf sentrums in ander provinsies word ook vir onreëlmatighede ondersoek.
Die slaagsyfer vir wiskunde het met ses persent tot 53 persent gedaal.
Die direkteur-generaal van die departement, het ook bekend gemaak dat die slaagsyfer vir fisiese wetenskap van sowat 67 persent tot 61,5% in 2014 gedaal het.

Dit kos die belastingbetaler nog ‘n klomp geld omdat die klomp in die eerste plek nie hulle deel gedoen het toe hulle moes nie.
Goeie wetter!
Al sou die arme trutte toegelaat word om hul handboeke na die eksamenlokaal saam te sleep, gaan hulle steeds op spektakulêre wyse binne in die mirril van die hek in duik.
Een helfte van die wat kan lees, gaan die vikkeerde boeke saambring, terwyl die ander spul weer nie weet waar om na die antwoorde te soek nie.
Die res wat op afskryf kontsintreer, is in beide gevalle binne in sheet street in.
QED
kul jou hier en kul jou daar en siedaar…….nou lyk ons mos weer respektabel !
“kul jou hier en kul jou daar en siedaar” … lanklaas daardie frase gehoor … was dit Martino?
In elk geval kul die Deepaahtmint ohf Ejookayshun … http://mybroadband.co.za/news/government/116340-false-matric-numbers-revealed.html
Ek laaik hom djou sa spjelling … dankie vir die skakel.