Polisie keer groep aan wat Lesotho by SA wil inlyf

Die polisie in Ficksburg in die Vrystaat het bykans 140 lede van die Free Movement of Basotho, onder wie hulle leier bekend as Doctor Morolong, aangekeer.

Hulle is in hegtenis geneem toe hulle ‘n optog wou hou om te eis dat Lesotho by Suid-Afrika ingelyf word, het RSG berig.

Die polisie sê die 40-jarige leier van die groep sal van aanhitsing aangekla word.

Die ander kan vervolg word omdat hulle die land sonder die regte dokumente binnegekom het.

Hulle sal tot hulle hofverskyning in aanhouding bly.

Die polisie het ook beslaggelê op vyf minibus-taxi’s sonder permitte en een gesteelde voertuig.

4 thoughts on “Polisie keer groep aan wat Lesotho by SA wil inlyf”

  1. Die naamwoord polisie en die tyd van die jaar het my ver laat terug dink. In die goeie dae toe
    Suid Afrika nog n beskaafde eerstewereld land was het n mens as jy weggaan vir vakansie die polisie gesê jy gaan op vakansie en waarnatoe jy gaan en hulle gevra om n oog te hou oor jou huis en n telefoon nommer by hulle gelaat as hulle jou nodig kry.

    In die NSA is die Polisie die heellaaste wat moet weet dat jy op vakansie gaan en plaas jy “timers” in jou huis om ligte aan en af te skakel en vra jou vriende en bure om elkedag te gaan kyk of jou huis nog staan.

Maak 'n opvolg-bydrae