Vredesmaghelikopters onder skoot

Vredesbeamptes in Soedan se Darfoer-gebied het onder skoot gekom toe hulle ondersoek gaan instel het na gevegte wat in die gebied

Image

Vredesmaghelikopter

uitgebreek het. Militêre offisiere het Donderdag gesê dit is die derde keer in die afgelope paar weke dat daar op helikopters geskiet is.

Beamptes van die gesamentlike Verenigde NasiesAfrika-unievredesmag sê hulle vrees dat rebellemagte hulle vliegtuie teiken omdat hulle dit verkeerdelik vir regeringshelikopters aansien. Die aanvalle wek ook kommer onder ondersteuningswerkers wat op die vlugte staatmaak om hulle na afgeleë dele van die gebied te neem.

Vredesmagwoordvoerder Kemal Saiki sê die helikopter wou inkom om te land toe skote gehoor en lugspoorkoeëls gewaar is. Internasionale waarnemers sê die meer as vyf jaar se gevegte in Darfoer het die lewens van 200 000 mense geëis en meer as 2,5 miljoen uit hulle huise verdryf. Die helikopter is Woensdag op Birmaza, 'n nedersetting in Noord-Darfoer aangeval; volgens rebellegroepe was regeringsmagte daarvoor veranwoordelik.

Indringergroepe beskuldig regeringsmagte daarvan dat hulle die laaste twee weke 'n reeks aanvalle op hulle posisies in Noord-Darfoer uitgevoer het. Soedan se gewapende magte ontken die aanvalle op rebelle en sê soldate is in die gebied om humanitêre konvooie teen struikrowers te beskerm. 'n VN-verslag in 2007 het Soedanese magte in Darfoer daarvan beskuldig dat hulle 'n reeks internasionale ooreenkomste geskend het deur hulle vliegtuie te verf en kentekens aan te bring wat dit na VN-vliegtuie laat lyk.

Ondersteuningsgroepe sê verdere aanvalle op vliegtuie in Darfoer kan 'n verwoestende uitwerking op hulle werk hê. Woordvoerder Alun Mc Donald van Oxfam in Soedan sê as hulle begin om op helikopters te skiet laat dit nie vir hulle veel opsies oop nie. Mohamed Dirbeen, militêre woordvoerder van die Sudan Vryheidsbeweging, sê regeringsvliegtuie het dorpies naby Tawila in Noord-Darfoer Donderdag gebombardeer en sewe mense dood agtergelaat terwyl nege mense beseer is.

Niemand van Soedan se gewapende magte was vir kommentaar oor die jongste bomaanvalle beskikbaar nie. 

 

поильник купитьДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae