Boere wat plaasaanvallers skiet, dalk aangekla

Twee boere wat twee vermeende plaasaanvallers Saterdag naby Leeudoringstad in Noordwes doodgeskiet het, gaan waarskynlik vervolg word.

Johan Janse van Rensburg, van die plaas Droëkraal, en sy twee vermeende swart moordenaars, is tydens Saterdag se voorval dood.

Die swart aanvallers het glo met die boer se lyk gevlug nadat hulle hom doodgemaak het.

Van Rensburg het met beeste geboer. Van sy werkers wat ook glo by die voorval betrokke was, is ongedeerd.

Kol. Sabata Mokgwabone, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ‘n ondersoek na die skietery sal gedoen word en dat twee moorddossiere geopen sal word.

“Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die hof besluit of die boere, die slagoffer se bure, van enigiets aangekla gaan word,” het Mokgwabone gesê.

Die twee het uit selfverdediging opgetree, maar ‘n moordklag is nogtans aanhangig gemaak tot die vervolgingsgesag of howe besluit of hul optrede geregverdig kan word.

Boere van die plaaswagstelsel het ‘n hakkejag teen die swart verdagtes van stapel gestuur, waarna ʼn oor-en-weer-skietery plaasgevind het.

Twee van die rowers is op die toneel dood en ʼn derde persoon (24) is in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die rondgaande hof in Leeudoringstad verskyn.

7 thoughts on “Boere wat plaasaanvallers skiet, dalk aangekla”

  1. As hulle die wapenwet nou in die fynste detail toepas (glo my hulle sal dit prober doen), sal hierdie boere aangekla word van moord aangesien hulle eie lewens nie in gevaar was nie. Soos die storie loop het die terroriste die dooie boer in die kattebak van sy eie motor gehad. Die hof, wat heelwaarskynlik ‘n swart regter sal wees, sal nie die omstandighede dat met die gespuis op vrye voet, almal se lewens in die omgewing in gevaar was nie.

    Ek hoop egter van harte hulle kom skotvry af want hierdie is die enigste iets wat op die langer duur die terroriste sal afskrik om sommer net mense op plase aan te val.

  2. Die regering se dat almal moet saamstaan teen misdaad. Is blankes uitgesluit? Ek kan nie verstaan waarom die kommandos weggevat is nie. Wat skuil daaragter.? Ek kan nie wag vir die dag dat ons in ons eie gebied gaan bly, weg van al die gemors.

    1. William,
      dit is hoe die proses werk.
      Eeers die wegneem van wapens, dan die afskaffing van stelsels soos die kommando stelsel. dan die verswakking van, en infitrering van die polisiemag en weermag om dit lam te lê soos tans gebeur.
      Dit gaan alles ook gepaard met aftakeling van morele standaarde en die ontwrigting van universiteite en skole.
      Dit kan ons alles duidelik waarneem. Jy hoef nie n meestersgraad daarvoor te hê nie.
      Die moorde op plase is deel van hierdie plan.
      Kyk na die bohaai oor n sleutel sokker speler, maar geen oog vertrek oor die duisende boere wat gedurende die afgelope 20 jaar vermoor is nie
      Mag ons Hemelse Vader sy hand oor hierdie boere wat opgetree het hou.

Maak 'n opvolg-bydrae