Sadistiese aanval op Afrikaner-egpaar in Noord-Kaap

Tydens ‘n sadistiese aanval op Windsorton in die Noord-Kaap is ‘n bejaarde egpaar in hul huis vasgebind en herhaaldelik met ‘n koevoet aangerand. Hennie en Beulah Nel is ongeveer 3:00 Saterdagoggend in hul huis deur drie misdadigers oorval, die vierde keer in 12 jaar.

Beulah Nel, 60, is intussen in die Mediclinic Kimberley opgeneem waar sy vir ernstige wonde aan haar kop en lyf behandel word. Haar regterlong is ook tydens die aanval beskadig. Daar heers kommer dat sy breinskade opgedoen het aangesien sy die heel tyd naar voel en voortdurend hoofpyn het. Sy sal vandag ‘n breindskandering ondergaan.

Op ‘n stadium tydens die aanval het mev. Nel voorgegee dat sy reeds dood is, ten einde die gekleurde huisrowers, wat Engels gepraat het, te flous. Mnr. Hennie Nel, 76, het net een been, wat moontlik veroorsaak het dat hy nie so erg verniel is nie, hoewel hy ook met die koevoet geslaan is.

Omdat sy deur die aanvallers vasgebind en gemuilband is, het mev. Nel gedink dat sy ook verkrag gaan word.

“Ek het heeltyd gebid dat ek nie verkrag word nie,” het sy gister aan die media gesê.

“Ek het gemaak of ek dood is, al het ek in ’n dun nagrok op die vloer gelê.”

“By tye voel ek pap, moeg en siek. Ander kere voel ek beter.”

Mnr. Hennie Nel vertel: “Die aanvallers het aangedring op die kluis se sleutels. Hulle is na ons kantoor waar hulle alles uitgedra en op die slaapkamervloer uitgegooi het. Hulle het Beulah se selfoon, kontant, wapens en waardevolle juwele gesteel. Hulle het my toe met ’n skroewedraaier gedreig om die klein kluis oop te maak. Ek kon nie die kode onthou nie. Genadiglik het hulle my nie gesteek nie. Die mans het van ‘boiling water’ gepraat. Hulle wou ons dalk martel. Hulle kon nie deur die veiligheidshekke kom om na die kombuis te gaan nie.”

Ná ‘n taamlike lang tyd het die aanvallers te voet ontvlug. Hulle het duur juweliersware, kontant, pistole en ‘n selfoon gebuit. Die egpaar het daarin geslaag om by die studeerkamer net langs die slaapkamer te kom waar hulle hulself bevry het. Mnr. Hennie Nel het sy plaasvoorman en kinders geskakel, wat op hul beurt die polisie en ambulans in kennis gestel het.

Maar die polisie was onwillig om hulle te help.

“Die plaaslike polisiemanne was nie baie lus om uit die voertuig te klim toe hulle daar aankom nie,” sê mnr. Hennie Nel. “Ek moes uit die huis fluit en skreeu voordat hulle reageer het. Iemand het toe die polisie in Kimberley gebel. Die Valke ondersoek nou die saak.”

Mev. Nel se suster, mev. Doreen McLaren, het noodhulp toegepas terwyl sy instruksies vanaf ER24 per telefoon ontvang het. Sy het daarna haar suster inderhaas na die Mediclinic Kimberley vervoer.

Die gesteelde pistole is ‘n vorige keer ook geroof, maar is later deur die polisie op Jan Kempdorp teruggevind.

Oor daardie rooftog sê mnr. Hennie Nel: “Dit was die eerste keer dat ek ’n pistool teen my kop gevoel het.”

“Dit is hoekom ons twee heinings om die huis het en vyf veiligheidshekke in die huis. Die boewe het die heinings gebreek, die hond vergiftig en by die sonkamer ingekom nadat hulle die diefwering met die koevoet afgebreek het.”

Die Nels boer met hoenders op ‘n ander stuk grond. Hulle voel egter nou onseker oor die toekoms en wil graag saam met hul familie beraadslaag, ná die vierde aanval.

11 thoughts on “Sadistiese aanval op Afrikaner-egpaar in Noord-Kaap”

      1. Baie mag dink wat ek hierbo geskryf het is gevoellose haat-gevulde woorde… Dit is nie. Wat ek daar skryf, is die heilige waarheid en, dat die spore agter elke geweldenaar sál toewaai… (En ons weet dat dit gaan kom)

        In net minder as twee maande, het ek “onderonsies” gehad met drie swartes en twee basters – wie by ons probeer inbreek het – letterlik op hulle afgekom het..

        Een ding weet ek gewis… ‘n Kruisboog is reukloos en knal nie.

  1. Mnr Nel kry vir Oscar om te jou help. Hy kan julle leer hoe om te skiet en later vrae te vra. Hulle breek veiligheids hekke oop met n koevoet en jy slaap. Die tweede keer dat hulle jou pistole steel. Hopenlik sal die polisie seker nou vir jou se dat jy onbevoeg is om n vuurwapen te he. Ek sou dink dat jy na die eerste diefstal elektronies sensors gekry het wat gekoppel word aan n alarmstelsel om jou te waarsku teen die gemors. Jy bly op n plaas, jy is nie kroonwild nie. Ons is in SA. Party van ons wil nie leer nie.

  2. Verstommend die absurditeite van wat hier te lande aangaan . Die deursigtige ras vol reine onskuld en suiwerheid gebruik n A4 Audi om deur n hek te jaag , veiligheids, – en voordeur met barbaarse krag oop te breek , alarm loeiend terwyl hulle onskuldig wil plunder . Die eienaar van die huis ry n 8 jaar oue Citi Golfie .

Maak 'n opvolg-bydrae