praag.co.za

Warmste September sedert 1880

Written by

in

,

Die warmste September sedert rekordhouding in 1880 begin het, is verlede maand as ‘n wêreldgemiddelde temperatuur aangeteken.

Dit was ook die 38ste agtereenvolgende Septembermaand met ‘n wêreldtemperatuur wat hoër was as die gemiddeld vir die 20ste eeu.

Die Amerikaanse federale agentskap vir oseaniese en atmosferiese bestuur, die National Oceanic and Atmospheric Administration (NOAA) sê met die uitsondering van Februarie, was elke maand tot dusver onder die vier warmste maande op rekord.

Mei, Junie en Augustus was net so warm vandeesjaar.

Die nasionale klimaatdatasentrum in Asheville, N.C. meen dit is baie waarskynlik dat 2014 die rekord vir die warmste jaar sal breek.

Die agentskap sê die rekordhitte was in baie dele van die noordwestelike deel van Afrika voelbaar.

In die suidooste van Suid-Amerika, suidwestelike dele van Australië, dele van die Midde-Ooste en suidoostelike deel van Asië is dit ook warmer.

Comments

4 responses to “Warmste September sedert 1880”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Laat die klimaatsverandering poepgroepie nou maar weer skreeu en jil.

  2. Dolk Avatar
    Dolk

    En die uitsonderlike koue winter wat ons sopas beleef het – het die haan dan dood-gevries – dat hy nie iets daaroor kraai nie?

    Statistiek-kulkunstenaars is een van die oudste beroepe in die wêreld… (Volgens baie van “hulle” moes ons al almal aan Vigs gesterf het…)

    1. Rifrug Avatar
      Rifrug

      “Facts are stubborn things, but statistics are pliable.”
      ― Mark Twain

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Inderdaad. Wanneer ek met arbeidsfaktor, botoon golf-verwringing (Harmonics-), KVA en KW, IR termiese fotografie ens. werk, sal ek vir jou “toor” met presies dieselfde statistieke. 😉 (If you cannot convince people with facts, baffle them with nonsense… Lui die ou-bekende spreekwoord – min of meer mos.)

        Dit is amper soos om ‘n Rubik’s kubus in allerhande rigtings te draai (Kleure te skommel) – en eintlik bitter-weinig verander. 😉 Die vlakke, aantal kleure, hoeveelheid blokke en getal van elke kleur blokkie, vorm – totale struktuur en materiaal bly dieselfde ens… En tog lyk dit vir die nie-nadenkende persoon asof dit as geheel “anders” is.

Leave a Reply