Warmste September sedert 1880

Die warmste September sedert rekordhouding in 1880 begin het, is verlede maand as ‘n wêreldgemiddelde temperatuur aangeteken.

Dit was ook die 38ste agtereenvolgende Septembermaand met ‘n wêreldtemperatuur wat hoër was as die gemiddeld vir die 20ste eeu.

Die Amerikaanse federale agentskap vir oseaniese en atmosferiese bestuur, die National Oceanic and Atmospheric Administration (NOAA) sê met die uitsondering van Februarie, was elke maand tot dusver onder die vier warmste maande op rekord.

Mei, Junie en Augustus was net so warm vandeesjaar.

Die nasionale klimaatdatasentrum in Asheville, N.C. meen dit is baie waarskynlik dat 2014 die rekord vir die warmste jaar sal breek.

Die agentskap sê die rekordhitte was in baie dele van die noordwestelike deel van Afrika voelbaar.

In die suidooste van Suid-Amerika, suidwestelike dele van Australië, dele van die Midde-Ooste en suidoostelike deel van Asië is dit ook warmer.