Die sogenaamde “Sentrum vir Inklusiwiteit” by die Universiteit van Stellenbosch, wat soveel opslae met sy kontroversiele uitsprake oor transformasie aan die US gemaak het, het in werklikheid nooit amptelik bestaan nie.
Die sentrum (SINK) is die geesteskind van die viserektor Julian Smith, tans met sogenaamde “studieverlof”, al kan administratiewe amptenare soos hy nie kwalifiseer vir studieverlof nie.
Smith se pos as Viserektor Gemeenskapsinteraksie word afgeskaf, en as hy terugkeer is dit die einde van sy kontrak en sal hy na verwagting met pensioen aftree. Dit is ondenkbaar dat hy na die Departement Drama kan gaan as “professor”, waar hy nominaal ‘n leerstoel beklee, net sodat hy as “professor” aangespreek kan word.
SINK se instelling as Sentrum aan die US is nooit deur die universiteitsraad goedgekeur nie. Om as sentrum te kwalifiseer, moet ‘n behoorlike reglement deur die Senaat goedgekeur sowel as die universiteitsraad goedgekeur word.
Dit het nooit gebeur nie. Botman het die proses probeer omseil deur te beweer dat SINK bloot ‘n bestuursaangeleentheid is, maar die universiteitsraad het dit op sy voorlaaste vergadering nie aanvaar nie.
Die probleem is: Wat doen die US nou met ‘n “direkteur” van SINK, naamlik dr Lwellyn MacMaster?
Hy was, net soos Botman, een van die dosente wat in 1990 vanaf die Fakulteit Teologie aan UWK na US oorgeplaas is, sonder dat hulle ooit aan die akademiese keuringsproses onderwerp was.
MacMaster se kontrak verstryk einde vanjaar, en die hoop is dat hy dan nie weer enige pos aan die
US sal beklee nie. Plannetjies word glo beraam om hom weer by die Fakulteit Teologie te huisves, waar hy as ‘n liggewig akademikus beskou was.
Monica du Toit, die ander amptenaar van SINK, se posisie is nog onseker.
John Kennerson

So, die spulletjie loop die heel tyd op Stalinbos rond met admiraalspette en -skouerstukke terwyl hulle dit nie een op ‘n opblaasmatras in ‘n plaspoel hoort te waag nie.
Gas,
dit is nou wragtie puik saamgevat en voorgelê vir kennisname.
Keer terug na die oorspronklike idee van n trotse Afrikaanse universiteit of SINK in julle $#&€ in!!! Spul ruggraatlose, papsak $#£¥%#@$!!! Julle wou mos nie luister nie!!!
Mag hulle sink om nooit weer opgehaal te word nie.