Sakelui gaan Nkandla-geld betaal

‘n Groep Durbanse sakelui wat aangebied het om ‘n gedeelte van die geld terug te betaal wat aan opknappings aan President Jacob Zuma se privaatwoning op Nkandla bestee is, meen die land moet van die saak af aanbeweeg.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het in haar verslag bevind dat die president en sy familie onregmatig uit die opgraderings voordeel getrek het, het RSG berig.

Die projek het meer as R200 miljoen gekos en Madonsela het aanbeveel dat Zuma van die koste dra.

Die voorsitter van die groep, wat as die Public Members Unit Team bekend staan, Vumelani Mchunu sê hulle wil eerder daarop fokus om saam met die president ‘n beter Suid-Afrika tot stand te bring as om op een kwessie te hamer.

Die groep sê hulle gaan fondse begin insamel sodra daar op ‘n gepaste bedrag besluit is.

9 thoughts on “Sakelui gaan Nkandla-geld betaal”

  1. Hoe in die lewe werk die? Hulle wil vir die president ‘n verleentheid probeer voorkom? Dit beteken eerder hulle baat ruimskoots by die president se posisie. Gaan soek hoe die geldjies vloei. Is hulle ook deel van die “konsortium”?
    Andersins is dit ook deel van die hoofman wat alles kry en verdien in afrika en die res leef van sy aalmoese.

  2. Ek kan so n “aksie” nie vestaan nie.
    Dit maak die probleem net nog groter. Deur hierdie (heldhaftige) optrede beklemtoon hulle net die onbetwisde feit dat daar ongereimdheid was met die hele aanloop tot hierdie projek.
    Dit is en bly n klug, en geen regdenkende afrikaner “sluk” dit sondermeer nie.

      1. More Dolk,
        Verseker, daarom plaas ek dit in hakies.
        Nou wil daar nog n “spookgroep” mos vir Adv Thuli Madonsela uit haar pos lig.
        Weereens n bewys dat hulle nie hou van die waarheid nie, en die enigste wyse wat hulle ken om die “probleem” aan te spreek is om so n persoon te laat “verwyder”.
        Dit op sigself is dan weer n erkenning dat daar ongerymdheid broei wat hulle nie van hou nie.
        Dit geld ook nou met die situasie rondom die wapenskandaal wat so lank sloer om afgehandel te word, en al dieselfde
        ADDERS word ook weer daar uitgewys met nog so n paar nuwe meelopers.

  3. Weereens het dit nou die naweek uitgekom hoe groot die verskil tussen afrika en Westerse denke werklik is. “Corruption is a Western paradigm” reken ons president.
    Ek wil hom dan net daaraan herhinder dat daar ‘n hele paar ander is wat hulle dan baie selektief toepas:
    1) Grondbesit
    2) Demokrasie
    3) Elektrisiteit
    4) Lopende water
    5) Teerpaaie
    6) Motors
    7) E-troll
    8) Telekommunikasie – veral selfone
    9) Internet
    —-
    1 000 000) Grondbesit – het ek dit al genome? Hoekom wil julle dan grond vat?

    Ongelukkig is moord ook ‘n Westerse paradigma en daarom is dit seker vir julle reg om ons mense stadig maar seker uit te moor.

    1. Naand Rooikop,
      hierdie mense laat my dink aan n kwajong wat op herterdaat betrap is, en nou moet hy verduidelik oor sy optrede.
      Hy is nou so in n hoek gedryf dat hy net aanhou praat en praat, en die grootste klomp snert kwytraak wat jy jou kan indink, en dan wil hy glo dat hy deur sy luisteraars geglo word.
      Ons het in die weermag gesê, ” dit is net n klomp lippe klap”.

Maak 'n opvolg-bydrae