Sowat 2 000 mense is dakloos nadat ‘n brand by die Kya Sands-lokasie sowat 500 plakkershutte Donderdag verwoes het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Woordvoerder Nana Radebe het gesê rampbestuur probeer vasstel hoeveel mense geraak word, maar van die aanvanklike waarnemings is sowat 2 000 haweloses.
Radebe wou nie die getal bevestig totdat die amptenare hul verslae voltooi het nie, het sy gesê.
Agt mense moes vir rookinaseming behandel word.
Sowat 500 plakkershutte het afgebrand, het Radebe gesê.
Die brand is na bewering deur ‘n gasstoof veroorsaak wat nie dopgehou is nie. Gemeenskapsleiers het intussen huise van die regering geëis “om verdere rampe soos dié te voorkom”.
‘n Plaaslike kerk het alternatiewe akkommodasie aangebied vir die nag, en nie-regeringsorganisasies het kos en klere vir diegene wat geraak is, uitgedeel.
Geen sterftes is aangemeld nie.

“Agt mense moes vir rookinaseming behandel word.” Hulle gee passiewe rokers ‘n slegte naam…
Die nagevolge van enige daad is darem so belangrik . Ander voorbeeld . My vriendin gaan gebuk onder geweldige pyn , omdat sy aan n degeneratiewe outo-immuun siekte ly . Weens wanbestuur , swak beplanning ens.ens . het haar woonbuurt tans ten minste 2 dae per week geen water . So moet sy water in emmers tap , uit bad water skep en sien hoe haar tuin , haar troos vir baie jare , ook vergaan . Water buitensporig duur . Meenthuiskompleks se kragrekenings deur die dak . Hoe lank kan mens uithou ?
As jy bedoel ek moet ophou ‘ kla ‘ , slaan jy die bal myle vêr mis .
Kerm en teem is eintlik nie deel van my wese nie .
Ek vind dat sommige mense n ander se eerlikheid misbruik as n stok waarmee hulle slae wil uitdeel .
n Baie onnodige onbeleefde opmerking.