Die minister van Polisie, Nkosinathi Nhleko, het ‘n span aangestel om die demilitarisering van die polisiediens te ondersoek, het RSG berig.
Hy het by die Polisie Opleidingskollege in Pretoria gesê hy is bekommerd oor die negatiewe persepsie rondom die polisie.
Die minister het beklemtoon dat samewerking met die publiek altyd belangrik sal bly.
Volgens Nhleko beteken die demilitarisering van die polisie nie dat daar met range weggedoen word nie, maar dat die polisie ‘n ander benadering en metode van polisiëring moet volg.
Die span sal ook ondersoek instel na die onwettige deportasie van Zimbabwiërs deur die polisie en wysigings aan die Wet op Nasionale Sleutelpunte.

Laat my dink aan die uitdrukking: Too many cooks spoil the broth…
In Suid Afrika se geval…: Too many crooks spoil the broth….
Pasop, netnou lees een van onse SAP lede dalk broth-el, en dan maak hy amok want hy wil ook sy snytjie tert hê!
😉 Skerp!
Of “too many crooks make the broth”.
Hier beteke “demilitasering” van die polisie dat meer van hulle dienswapens wegraak en in kriminele hande beland.
Pragtig!!!! gee die manne elk n opblaas knuppeltjie sodat hulle elke moordenaar oor die keukels kan raps en se:”Old chap, please do not do that again.”
Sie daar!!!! ons kriminele gaan dalk ophou