Durban-inwoners vandaliseer nuwe straatname

Gefrustreerde inwoners van Durban het teen naamsveranderings protes aangeteken deur die nuut aangebringde padtekens te vandaliseer.

Verskeie naamborde in Glenwood is met spuitverf toegetakel en ander is uitgeruk.

Die DA en IVP het 'n beroep op die hof gedoen om die onbillike, aanstootlike en onverantwoordelike hernoeming van strate te staak.

Hulle het gevra dat die ou name herstel moet word.

Die DA en IVP sê dat die ANC die naamsveranderings op die raad afgedwing het.

Meer as 28 000 openbare besware is geïgnoreer en versoeke om hulle te sien is geweier.

Die ANC beskik egter oor 'n meerderheid op die stadsraad.

roulette online free moneyлобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae