Fidelity-geldwa in Norwood beroof

’n Fidelity-geldwa is gistermiddag Woensdag 4 Maart deur ’n bende gewapende mans in Norwood, Johannesburg, van ’n onbekende som geld beroof.

Direkteur Govindsamy Mariemuthoo van die SA Polisie het gesê die bende het op die voertuig begin skiet nadat ’n Mercedes-Benz daarin vasgejaag het.

“Nog ’n gewapende groep het uit ’n BMW geklim, het ook begin skiet en het kontanthouers uit die geldwa geneem.”

Die bende het daarna in twee bakkies gevlug en hulle twee voertuie op die toneel gelos.

“Maar vier van hulle is later in hegtenis geneem, drie in Sandringham en een in die Norwood-gebied.”

Mariemuthoo wou nie sê of enige wagte in die skietery beseer is nie. Hy kon nie bevestig of die wagte die geld afgehaal of sou gaan aflewer het nie.

“Ons stel nog ondersoek in,” het hy gesê.медицинская справка по форме 086уФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae