Tambo vra te veel vir Mandela-borsbeeld

‘n Verdoemende interne regsmening het bevind dat Dali Tambo se maatskappy die Parlement te veel gevra het vir ‘n borsbeeld van Nelson Mandela wat buite die Nasionale Vergadering staan​​, het City Press berig.

Die regsmening stel ook voor dat die besteding aan die borsbeeld onreëlmatig verklaar moet word. Maar die Parlement betwis sy eie regsmening en dring daarop aan dat dit nie onreëlmatig of verkwistend was nie.

Tambo het Saterdag gedreig om City Press te dagvaar indien enigiets “onwaar” oor die tender verskyn en het daarop aangedring dat alles bo verdenking is.

City Press is in besit van dokumente wat wys dat Tambo se maatskappy, Koketso Growth, ‘n “voorlopige voorstel en kosteberekening” aan die Parlement op 13 Februarie voorgelê het.

Daarin het die maatskappy die koste van die borsbeeld op R1.8m geraam. Maar tesame met ‘n “bestuurs- en hanteringsfooi” van 20% en BTW teen 14%, is die bedrag tot R2,5 verhoog. Tambo het net oor die R2 miljoen ontvang.

Maar ‘n praktiserende beeldhouer het aan City Press gesê die borsbeeld behoort tussen R750 000 en R1 miljoen te kos om te maak en te installeer.

Dit, volgens die regsadviseur, beteken die Parlement het nie ‘n markverwante prys betaal vir die beeld nie. “Enige bedrag wat meer is as die markverwante prys kan beskou word as ‘n vrugtelose en verkwistende uitgawe,” lui die regsmening.

10 thoughts on “Tambo vra te veel vir Mandela-borsbeeld”

  1. Sjoe, maar is ons nou nie al gatvol vir Mandela se beelde nie? Dit is in werklikheid nie swartmense wat Mandela se nalatenskap in stand hou nie, maar eerder Afrikaner liberaliste wat niks het om met hul tyd te maak nie en wat wil bewys dat hulle “nuwe Afrikaners” is. Selfs die geïndoktrineerde jeug is nou al moeg vir sy gesig in al wat ‘n handboek is.
    Ek kan steeds nie verstaan hoe mense die man se donker dade kan miskyk nie. Die positiewe beeld wat die wêreld media oor die afgelope 20 jaar van hom geskets het, is eenvoudig te oorweldigend vir enige iemand om sy dade te bevraagteken. Die media sal enige iemand stenig wat so iets sou waag.

    Nou rig hulle beelde van hom op, terwyl die ware helde moet padgee omdat hulle nie deel vorm van die ANC en liberaliste se perfekte prentjie nie. En al mense wat kla is die FF+! Wat van ‘n bietjie weerstand?
    Ek het hoendervleis gekry toe ek langs DF Malan se standbeeld in die kaap gestaan het. En langs dr. Verwoerd s’n in Orania. Kom ons werk saam en hou dit in stand asseblief?

      1. Baie dankie Trippie. Praag is weliswaar die enigste ruimte waar ek ten volle kan uiting gee aan my “polities nie-korrekte” opinies. In debatte oor Apartheid kon ek nog net daarin slaag om die opponente sprakeloos te laat, maar waar dit weklik saakmaak mag daar nie oor Apartheid gepraat word nie.

        My droom is om eendag vir die nageslagte standbeelde kan wys wat nou in gedrang is.
        Om te land by DF Malan Internasionale lughawe op Kaapstad. Om “Die Stem” by Loftus te sing. Om eendag die OBB-vlag op my voorstoep te hys, terwyl niemand aanstoot neem nie. Om die Verwoerd-standbeeld buite die perke van Orania te kan aanskou. Om ‘n verstandhouding met swartes te he wat behels dat hulle hul kultuur mag koester, maar dat ons dit ook kan doen sonder die bedreiging van die rasse-kaart of massa-aanstoot. Hierdie drome vereis nie Afrikaner politiese mag nie – daarom is dit nie onrealisties nie. Dit vereis ‘n volk wat moet opstaan en hul kultuurgoedere bewaar, eerder as verloen. Om die hoendervleisoomblike te vermeerder, en die teleurstelling van volksverraad te verminder.

Maak 'n opvolg-bydrae