Nog ‘n stroper doodgeskiet in Krugerwildtuin

Wildbewaarders in die Nasionale Krugerwildtuin in Mpumalanga het ‘n 35-jarige vermeende renosterstroper doodgeskiet, het RSG berig.

Die polisie sê veldwagters op patrollie het op twee verdagte mans afgekom. Een van die mans het na bewering ‘n vuurwapen op die veldwagters gerig waarna hulle skote afgevuur het.

Die man is op die toneel dood. Die ander man het daarin geslaag om te vlug.

4 thoughts on “Nog ‘n stroper doodgeskiet in Krugerwildtuin”

Maak 'n opvolg-bydrae