praag.co.za

Die oorlog wat nooit opgehou het nie

As mens aan terreur dink, dink jy dikwels aan terreur wat teen burgerlike teikens gemik is. Beelde van die Kerkstraatbom, met verminkte liggame, kom dan by jou op. Die lafhartige moord op burgerlikes, soos deur die sogenaamde gewapende vleuel van die ANC-terreurbeweging, MK, gepleeg, was egter slegs een aspek van ‘n terreuraanslag.

delport_manfred_600Die ander aspek van ‘n tipiese terreuroorlog is sabotasie, wat teen infrastruktuur gemik is. Tydens die Rivoniaverhoor was die hoofklagtes teen die oorlede terrorisgôt Mandela en sy trawante dan ook eerder verwant aan die voorneme om sabotasie te pleeg teen infrastruktuur. Die staatsaanklaer, Percy Yutar, het in sy openingsrede beweer dat Mandela en sy mede-terroriste genoeg springstof wou bekom om ‘n stad die grootte van Johannesburg te vernietig. (En vandag aanbid die meeste blankes hierdie einste terroris op klakkelose wyse…)

Soos met sy sogenaamde militêre aanslag, wat bloot burgerlikes kon vermoor, was die onbeholpe MK en Mandela en trawante egter amper komies-oneffektief in hul veldtog om sabotasie teen infrastruktuur te pleeg. Daar was slegs enkele suksesvolle voorvalle van sabotasie in die jare sestig, sewentig en tagtig wat teen infrastruktuur gemik was, en dit was meestal beperk tot die lafhartige plant van landmyne om paaie onrybaar te probeer maak. Nietemin het die vorige regering die sabotasiebedreiging teen infrastruktuur ernstig opgeneem.

Daar is byvoorbeeld spesiale strukture ontwerp om terreur te fnuik. In stede van die gewone elektriese hoogspanningspale, met vier pote, is daar spesiale strukture opgerig wat slegs een, sentrale steunpunt gehad het, met vier kabels aan die grond geanker wat die paal regop gehou het. Die gedagte hieragter was dat dit moeiliker sou wees om só ‘n struktuur met ‘n enkele kleefmyn te vernietig, omdat die kabels vier kleefmyne sou vereis. Daar is ook hoë draadheinings om strategiese punte soos olieraffinaderye opgerig, om RPG7-aanvalle te probeer afweer.

Gelukkig vir ons, en die land se infrastruktuur, het die eweneens-onbeholpe NP-onderhandelaars gekapituleer by Kodesa, en ‘n volskaalse oorlog, ook teen infrastruktuur gemik, afgeweer, nie waar nie? Só vertel die hoofstroommedia ons immers. Deur die sleutels van al wat ‘n kragstasie, dam, reservoir, rioolwerke en infrastruktuur-item is, aan Mandela en sy terroristrawante te oorhandig, is die destydse veldtog van sabotasie stopgesit. Rooi Helen Zille kon selfs onlangs ‘n klammigheid in die oog ontwikkel toe sy met nostalgie terugverwys het na haar sogenaamde held, die aartskommunis Hani, wat die hoof van MK was.

Die werklikheid sedert 1994 is egter radikaal anders as die leuens en propaganda wat deur die media en die NSA-lofprysers aan ons voorgehou word. Waar die terroriste vóór 1994 met die veiligheidsmagte te kampe sou kry as hulle sabotasie wou pleeg, is hulle deur Pienk Frikkie se kapitulasie by Kodesa binnegenooi, en is die spreekwoordelike trop bobbejane op 27 April, 1994 as’t ware in die vrugteboord losgelaat. Die burgeroorlog waaroor ons so gewaarsku is vóór 1994, het nie opgehou nie. Inteendeel; dit onmiddellik in intensiteit toegeneem. Ek praat nie eens van die geweldige toename in moorde en veral plaasmoorde nie, maar eerder van die sabotasie-oorlog wat teen infrastruktuur gemik is.

Vanoggend word ons byvoorbeeld weer eens wakker met die nuus dat bobbejane vir die tweede keer op die vrugteboord se elektriese substasie in Centurion losgelaat is. In wat slegs beskryf kan word as beplande terreur, het sogenaamde kabeldiewe (eintlik saboteurs) vir die tweede keer in ‘n maand gesorg dat groot dele van Centurion in die donker wakker moes word. Ek kan my egter nie aan een voorval tydens die diepste, donkerste dae van die 1980’s herinner, waar daar in my buurt kragonderbrekings agv sabotasie was nie. Nie net saboteer hulle substasies nie, maar ook het die trop Eskom se vrugteboord kaalgesteel. In die jare tagtig het Eskom ‘n oormaat elektrisiteit opgewek. Sedert 2007 kreun Eskom egter agv moedswillige wanbestuur en sabotasie, en is sogenaamde beurtkrag ‘n werklikheid wat kort-kort dreig.

Tydens die 1980s is daar gevrees dat saboteurs die drinkwater in waterreservoirs sou vergiftig, maar niks het daarvan gekom nie. In 2014 sterf mense egter agv besmette drinkwater in die Wes-Transvaal. Die kaders van die onvoltooide rewolusie se onbeholpenheid, of kwaadwilligheid, het die drinkwater in Wolmaransstad en Bloemhof gesaboteer.

Daar was enkele landmyn-voorvalle in die 1980’s, meestal teen die grense van die buurlande, wat enkele paaie ontoeganklik gemaak het. In 1994 is die groot meerderheid van die land se paaie, en omtrent alle paaie in landelike gebiede, totaal onrybaar as gevolg van miljoene slaggate, die gevolg van ‘n kwaadwillige afskepery wat slegs as moedswillige sabotasie beskryf kan word. Die saboteurs is maklik identifiseerbaar: Dit is die kaders wat met ‘n Graad 6-kwalifikasie in ingenieursposte aangestel word.

Die land se infrastruktuur verkeer, kortom, onder ‘n veel groter bedreiging in 2014 as wat dit in 1984 was, omdat die terroriste se kaders van die rewolusie hetsy moedswillig, hetsy deur growwe nalatigheid, die infrastruktuur bedreig en saboteer.

Die oorlog het nie in 1994 opgehou nie. Dit het eintlik toe eers begin.

Comments

51 responses to “Die oorlog wat nooit opgehou het nie”

  1. JAVR Avatar

    Soos jy sê Manfred ons is nou dieper in oorlog as wat ons was en vanmore word dit uitgebasuin die regering gaan hulle nou toespits op plaasmoorde! Gaan dit afneem? Glo nie so nie, die intensiteit gaan toeneem dink ek! Nou gaan die moordeaars aangery word deur regering amptenare, dis die enigste verskil.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Môre-sê Joey – sien is glo, die spul lieg vir hulself en dink ons moet dit glo. Jy is heeltemal reg.

      1. JAVR Avatar

        Hierdie keer glo ek hulle Trips! Hulle sal beslis hulle nou toespits op die moorde dat dit beslis op ‘n gereelder basis gaan gebeur en op ‘n vinniger trant sodat hulle hul doelwit kan bereik. Dink hulle raak nou verveeld met die hier en daar doodmaak van ons boere en wil dinge nou in rat skop.

        1. JuliAss Avatar
          JuliAss

          Hau my tjikon bone, you are so raaight, me. I , JuliAss, I am thee only one that describing zegzaxtly what I am going to do to you whitees. Thee atha parties want to do same but talks dieferantly to fool yous around. I waant to write you long letta but I am carrantly een Phillistine, me, I am sapporting the Phillistines, then I’m going back to Azania.
          The revalussion she ees on the wqay, yous must doe doe naaicely

          1. JAVR Avatar

            Ja jy sê presies wat jy en Zuma om die konka praat in die aand nê jou flokken marionet! Hy pluk aan die snare en jy dans!

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Hahahaha!!!

            Goeie môre Javvies. Jy het my nou lekker laat lag! (Oor die persoon sê ek niks nie. Stilbly is my beste antwoord.)

          3. JAVR Avatar

            Ja wee jy partykeer wens ek ook ek kan my gat aan hom afvee maar ek raak so opgewerk!

          4. Dolk Avatar
            Dolk

            !!!!! LOL!

            NS !!!!!

          5. JAVR Avatar

            Ekskuus man, leer ek jou weer wat aan die anderkant van die draad aangaan! Jy is mos aan die voorbeeldige kant en ek muhr af aan die ander kant!

          6. Dolk Avatar
            Dolk

            Dis wat mens ‘n balans noem. Wig en teenwig. 😉

          7. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Die wig en teenwig is soos ‘n sosatiestokkie – die een deur die keel en die ander deur die … nou ja – dit beteken maar net jy word gerooster oor die vuur. Die wig en teenwig keer dat jy in die as val.

          8. Dolk Avatar
            Dolk

            Puik en uiters spitsvondig gestel!

          9. JuliAss Avatar
            JuliAss

            Hau, agresafness will gets you not anywhere. Jakes, she maait be retiaring by Septemhba, see there ees a red riebon hanging over hees, bald, double head, then my aasch enamy, Siral , she weel take over the reigns, then you whitees, vat theenk he ees oraait, are going to be soeprised, allova agains.
            So Siral weel be dancing to my pipes that I smokes.
            We do not snare the Tjikons, we steel from yous, easy peasy.
            I want to write you loong letta but my conrades are beesy in President street Johannesberg, you can watch us live on TV now.
            We are making amoks.

          10. Trippie Avatar
            Trippie

            Dê, met komplimente !

          11. JAVR Avatar

            wha ha ha ha!!! DIT IS NOU SNAAKS! Pasop die hel vreet netnou nog die brommer!

          12. JuliAss Avatar
            JuliAss

            Isch, you translate for me to African languaage.
            Why you catch vis Fly?

          13. Trippie Avatar
            Trippie

            Hey jou makatees, voesek.

          14. JuliASs Avatar
            JuliASs

            Ok sir I wheel you esxplaining so good.
            Me, Im gonna Presiedant street to riot, see you whitees later, I knock on door and reposessions happens.
            Knock Knock, I’m looking for job!!

          15. JAVR Avatar

            My boi, jy wil vir my kom vertel van aggressie! Wat de hel is julle mee besig daar in Johannesburg, sondagskool piekniek????? Terwyl julle daar is brand die hele Johannesburg af en stap dan so in die verbygaan gooi paar petrolbomme in SAUK ook hoor! Sodoende neem jy namens ons sommer BAIE van julle gedroggies uit!
            Maak julle donnerse amoks!!

          16. Dolk Avatar
            Dolk

            Maar jy klink mos nou op-“gestrip”! Rustig nou!

          17. JuliAss Avatar
            JuliAss

            My Tjikon Bone I like you, Yas Boi, I use life boi, in morning you smell Life in afternoon you smell boi.
            I want to go Essay Bee Sea, Isch, you maast see all these Po lees, they wanna make wiv us like you boere alwyas did, Shia us!!

          18. JuliAss Avatar
            JuliAss

            You must be dumb…. Shore shore! How I can stood next to me? I speak we’ve two tongues but me, I, JuliAss ees JuliAss, I am not mister next to me. You like ANC poulees you wanna make us to bleed. You are defiantally a Bloody Agent!!

          19. Trippie Avatar
            Trippie

            Lees, en lees tot drie maal – hier sal jy respek betoon teenoor enige leser, as jy dit nie kan doen nie, WYK SOWETAN TOE waar jy HOORT.

          20. JAVR Avatar

            Dink die pepperspray vul die lugleegtes in sy kop (waar die breins hoort) die dat hy nou kom kek soek hier. Wens hulle het hom met knopkieries bygekom!

          21. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Een ding is jy oor reg – Cyril is nie ons vriend nie. Net soos nie een van die ander nie.

          22. Riempies Avatar
            Riempies

            Hoor hier jou ou vloeksteen wie betaal jou internet om ons vanuit die buiteland te kom verpes?

          23. JuliAss Avatar
            JuliAss

            Hau my leatherstring afkorse eet eyes you. Dankie miessies isch my head she ees sore, vees poulees at legilasleture, isch they muhr hard. I’m going to stop tjikon supply to ANC poulees.

          24. Riempies Avatar
            Riempies

            Janee JuliAss stop jou chicon supply want waaragtig as die mense op die straat nou vir die polisie moet help om hulle werk te doen gaan die maar uiters ellendig met julle ANC se regering vermoe om te regeer.

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Jip jy is reg en verder gaan hulle nou wettig geassiteer word deur die vet polisie.

      1. JAVR Avatar

        Ons boere moet maar net wakker wees!

    3. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Eintlik net ‘n foefie om te gaan kyk wat op die plase aangaan en die werkers te gaan opsweep.

      1. JAVR Avatar

        Ja want dan het hulle ‘n “wettige” rede hoekom hulle die plase betree nê!

  2. Trippie Avatar
    Trippie

    Welkom terug Manfred – PUIK skrywe.

    Jy is heeltemal reg as jy sê, die oorlog het nie opgehou nie, toe eers begin !
    Daar gaan nie een enkele dag verby wat ons nie lees, hoor, in ander gevalle, self ondervind van aanvalle / moord op bejaardes, diefstal, plundering, ens. nie.

    Die ergste kom nog, ons moet seker maak ons is gereed !

  3. Rentia Diedericks Avatar
    Rentia Diedericks

    Uitstekende stuk. Jy is presies reg Manfred. Nalatigheid is krimineel strafbaar want dit kan en het al tot die dood van honderde duisende mense gelei

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Manfred is reg, die oorlog is nou op ons voorstoep – die bosoorlog se doel was juis om die oorlog ver van die huis te hou en pikkeFrikkeRoelf het die oorlog ingenooi tot in ons slaap en voorkamers gebring.

    Oor die ander oorlog wat jy van praat reken ek is nie oorlog nie maar bloot ondoeltreffendheid – hierdie is ‘n kultuur ding. Die volk het nooit geleer om iets op te pas nie, hulle bestaan was maar nomadies – so hulle het van tyd to tyd nuwe hutte gebou om in te woon maar het nooit enige meer permanente goed gebou nie. Verder het die hoofman alles besit en die res was afhanklik van sy “Ubuntu”. Hulle het nooit geleer oppas, regmaak en versorg nie – hierdie omgee vat vele generasies om aan te leer (kyk selfs onder blankes) Hierdie is nie in hulle verwysingsraamwerk nie.

    DIT is die groot probleem wat ons het – dit is ‘n stryd teen die afrika kultuur – en dit met westerse waardes as bril. Swaarkry is al waartoe dit lei. Dit is ook hoekom ek my EIE grondebied onder my EIE mense wil hê sodat ons na dit wat ons met bloedsweet bymekaarmaak kan onderhou vir die nageslag.

    1. Andy Avatar
      Andy

      Middag Rooikop,
      Ek stem in alle opsigte hier met jou saam behalwe die woord NOU in die eerste reel van jou skrywe.
      Daardie oorlog is alreeds vir 20 jaar op ons voorstoep. Baie subtiel, wanneer jy kyk na die syfers,. Ons is so gekondisioneer dat ons soos marionette net sê ja, nee ekskuus net n gedeelte sê dit. Ons wat die lig sien opgaan het skop vierspoor vas en ons sing “Die Stem”.
      Ek het inligting deurgestuur na Praag en Dr Dan, en ek vertrou hulle sal dit met julle deel wat juis handel oor hierdie oorlog wat al van 1994 af aan die gang is.
      Dankie Manfred, ek vermoed hierdie ander inligting gaan mooi aansluit by dit wat jy nou hier vir ons lesers gegee het.

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Jy is reg – dit is al lank hier tussen ons.

  5. jan Avatar
    jan

    Opmerklik die reuse verbetering in al die skrywes op Praag.

    Dis vereers geweldig leersaam maar ook gesonde uitlokkende polimiek om ons aan die dink te sit oor OPLOSSINGS in die plek van die daaglikse bollie waaraan niemand gewoond kan raak nie

    .Die vaag is immers wat om daaromtrent te doen..

    Die persoonlike aanvalle het grootliks plek gemaak vir aanvalle op die probleme- strategie en operasionele denke
    Selfbeskikking gaan tog immers oor die toekoms met de hulp van die verlede.
    Groot vreugde en baie dankie vir al julle bydraes.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Liewe Jan – ek stem, ek stem 100% saam met jou. Vreedsaamheid, verdraagsaamheid, vreugdevol – DIT WERK – ons is mos nou ‘n familie, Praag-familie.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Ek sê ook l-i-e-w-e land!

    2. JAVR Avatar

      Dis iets om na uit te sien in die oggende Jan!

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Verseker Javvies ek sit al partyoggende half vier met my koppie tee in die een hand en die muis in die anderhand en lees en soms skryf ek ook – Heerlik.

    3. Andy Avatar
      Andy

      JAN, DIT IS DIE VRAAG.
      Wat om daaromtrent te doen en wanneer.

      1. Bad moon Avatar
        Bad moon

        Moenie so touchie wees nie, almal maak foute

        1. Andy Avatar
          Andy

          Oeps, nou het EK seker n foutjie gemaak. Het ek nou vir Jan verkeerd verstaan? Wat ek bedoel het is dat ek eintlik saam met Jan stem. Dat ons moet saam werk in die rigting van selfbeskiking deur positiewe denke tot oplossings.
          Ek vertrou ek het die “speelveld” nou weer gelyk gemaak. (:->)

          1. Bad moon Avatar
            Bad moon

            Nee, het net gegrap oor die spel van die woord vraag

          2. Andy Avatar
            Andy

            O my, weet jy ek het nie eers gesien hy het die R uitgelaat nie, kan jy nou meer. Goedso, Opgeklaar.
            Lekker man lekker.

  6. Trippie Avatar
    Trippie

    Ek vra om verskoning dat ek nou van die inhoud van Manfred se rubriek afdwaal – hierdie is vir diegene wat nie toegang tot Facebook het nie se kennisname en dalk beplan het om Saterdag deel te neem aan hierdie optog.

    1. Karel Combrinck Avatar
      Karel Combrinck

      Dankie Trippie dat jy ons op hoogte hou. Maar ai tog, die “presidensie” werk nie op Saterdag nie, toestemming is nie van die Tswane Metroraad verkry nie, die aksie is na ‘n ander datum verskuif. Dit maak ‘n mens net so’n bietjie naar op jou maag. Kent gij dat (eens) vrije volk. Verskriklik.

Leave a Reply