praag.co.za

Die Stem: Ons moet eie kultuur en tradisies beja

Written by

in

,

Leon Shreiber se poging in Beeld om Afrikaners wat graag Die Stem wil sing en Julius Malema se swart radikalisme as “spieëlbeelde” aan mekaar gelyk te stel, mag goeie propaganda wees, maar sneuwel sodra dit onder die vergrootglas kom.

As ons vergelykings wil tref, is daar eerder ‘n ooreenkoms tussen Schreiber se soort opgewarmde “smeltkroes”-denke en dié van die EFF. Malema het hom tydens ‘n onderhoud met Debora Patta as ‘n “Marxis-Leninis” beskryf. Sy sienings van ons geskiedenis is radikaal en strook met dié van Joe Slovo en Ruth First, wat glo dat die Suid-Afrikaanse verhaal een lang geskiedenis van diefstal deur blanke “setlaars” verteenwoordig.

roodt_dan_wikiSoos ons weet, is die marxisme ‘n internasionalistiese ideologie wat opgesom word deur die slotreël van Marx en Engels se Kommunistiese Manifes: “Werkers van die wêreld, verenig u!” Die hedendaagse multikulturalisme en Anglo-Amerikaanse imperialisme wat die bestaan van individuele volkere misken, is deelagtig aan dieselfde internasionalisme. Onlangs het die Amerikaanse meningsvormer en voormalige redakteur van die Wall Street Journal, Paul Craig Roberts, geskryf:

If we are honest and have the strength to face reality, we will realize that the Soviet Union did not collapse. It simply moved, along with Mao and Pol Pot, to Washington and London.

Pleks van klasseloosheid, verteenwoordig ‘n ongedifferensieerde samesyn die nuwe utopie wat aan ons voorgehou word. Dit is wat Schreiber met die cliché van ‘n “inklusiewe visie” bedoel. Dieselfde gemeenplaas word oor en oor aan ons in bier- en kola-advertensies oorgedra. Trouens, die skryfster en reklamekundige Sarah Britten het ‘n verdoemende PhD-proefskrif aan Wits geskryf waarin sy die rol van die SA Brouerye (tans SABMiller) by die skep van Suid-Afrika se “nuwe identiteit” aan die kaak stel: One Nation, One Beer: The Mythology of the New South Africa in Advertising.

Ons sien dus dat daar veel eerder ‘n verband tussen Schreiber se eie “inklusiewe smeltkroes”-denke en die revolusionêre marxisme van die EFF bestaan. Nóg Schreiber nóg Malema hou van ons land soos hy tans is en wil dit deur revolusionêre ingryping of sosiogeniëring verander.

Blykbaar is “konserwatisme” vir Schreiber ‘n vloekwoord, daarom dig hy dit vrylik toe aan almal wat hy wil kritiseer. Onderliggend aan die meeste konserwatiewe lewensbeskouings is egter die gedagte dat ‘n volk of gemeenskap oor die vryheid moet beskik om self sy aard en toekoms te bepaal. Patriotiese Afrikaners kies self om “Die Stem” te sing, sonder dat dit deur die staat of SA Brouerye of die grondwet op hulle afgedwing word.

Hoewel die huidige SA grondwet oor verskeie gebreke beskik, erken dit nogtans vryheid van assosiasie en vryheid van uitdrukking, wat dit vir mense moontlik maak om enigiets te sing wat hulle wil.

Dit is ook natuurlik dat Afrikaners weens algemene geweldsmisdaad en korrupsie minder met die huidige bewind identifiseer as met hul vertroude nasionale simbole, waaronder ‘n verruklike volkslied soos “Die Stem”. Trouens, tesame met die Franse “La marseillaise”, is “Die Stem” waarskynlik die mooiste volkslied ter wêreld. Suiwer om estetiese redes verdien dit om nog baie lank in die harte van mense te leef. Die huidige hibriede volkslied van Suid-Afrika skend die integriteit daarvan as kunswerk en dit was net die grysskoengenerasie van NP-politici wat daartoe kon instem dat dit as ‘n laslappie by die ANC se lied, “Nkosi Sikelel’ iAfrika” gevoeg word. Dis vir my op dieselfde vlak as die geboue deur van ons grootste argitekte soos die Skotse Afrikaner, Gordon Leith, wat tans in Johannesburg met filistynse argeloosheid gesloop word.

Die enigste mense wat teen die sing van “Die Stem” in die openbaar beswaar maak, is ‘n klein groepie verloopte Afrikaners en professionele klaers wat dit op hulself neem om Afrikaners te “betig” telkens as hulle van die kwasi-Amerikaanse spoor afdwaal. Hoe lank moet ons nog met dié steriele en voorspelbare jeremiades saamleef?

Aangesien Schreiber Duits magtig is, mag hy iets van Nietzsche weet, wat ook die na-oorlogse denke op die Europese vasteland geweldig beïnvloed het. Ons moet ophou om ons bestaande kultuur te probeer ontken ten gunste van die soort internasionalisme wat tans wêreldwyd soveel krisisse veroorsaak. Eerder behoort ons ons eeue oue tale en tradisies te “beja” soos Nietzsche gesê het en nie te skroom om te sing, te dans en te skryf nie.

Utopiese samesyn, soos klasseloosheid, lei juis tot konflik omdat dit sowel die individu as die gemeenskap van sy keusevryheid ontneem en hom in ‘n reënbooggevangenis (of -kroeg) inkerker.

Die onlangse ryke was almal koloniaal en verdrukkend van aard. As Statebondsland poog Suid-Afrika steeds om hom as ‘n nuwe klein empaaier daar te stel, maar dit het reeds misluk, lank voordat Afrikaners weer openlik “Die Stem” begin sing het.

Comments

14 responses to “Die Stem: Ons moet eie kultuur en tradisies beja”

  1. Gas Avatar
    Gas

    Uitstekend gestel! Malema sê openlik hy veg vir “internasionalisme” net soos Schreiber. Hulle is die twee kankers in ons ons land wat bymekaar pas. Internasionalisme is ‘n ou woord uit die Sowjet Unie wat eintlik ‘n skelm manier was om die woord kommunisme te bedoel en dit nie te sê nie. Onthou die kommunste se volkslied was genoem… die Internasionaal!

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Waar op aarde skop Beeld tog al die goggas uit wat vir ons kom snert verkondig en herverkondig?

    1. Gas Avatar
      Gas

      Die een kan ka.kpraat met die Friedrich Naumann Stiftung wat hy seker afdreig vir geld. Dis die dieselde stigting wat die DA ook aan die gang hou.

    2. Trippie Avatar
      Trippie

      Goeie dag Karel, ek het ‘n inskrywing van Steve gelees so paar dae gelede. Kyk, die man laat hom nie koud sit nie. Ek wens eerlikwaar dat meer bekende persone (soos Dok vroeër versoek het) hul menings lug oor Die Stem, ens.

      “Tuis skryf iemand dat ek en Malema dieselfde is. Bedoel hulle ons het beide al spoedkaartjies gekry? Verskil is, ek het myne betaal. Hy nie. Maar daar is baie ander verskille: ek is kommersiëel en vrymark georienteer. Hy ‘n volslae Marxis. Hulle wêreld bestaan uit ander se afdwingbare geldjies. Ek sing liefdesliedjies, hy oor moord en verkragting. Ek wil dinge bevry, hy wil simbole, wat hom nie pas nie, verban. Ek het bloot ‘n opinie, hy ‘n party met enorme mag. My belasting betaal sy heenkome, maar daar is niks wat hy vir my kan doen nie. Ek is onafhanklik van meeste lefties, naas die feit dat ek hulle verwoestende ideologie, hul verlammende stakings en ekonomiese onderprestasie met harde werk subsidieer. My projeksie en modus operandi is ‘n ryk, selfstandige, beleggingvriendelike land sonder ‘n vet, oorgewig parasitiese staat. Hemelweet, ons weet wat syne is.”

    3. Eric Bornman Avatar
      Eric Bornman

      Gogga bestuur die beeld

    4. Trippie Avatar
      Trippie

      Karel, ek wil graag vir jou ‘n stuk kopieer en hier plaas i.v.m. Eugene de Kock. Vriendin het dit gisteraand op FB geplaas (ek dink jy sal belangstel). Hierdie is ‘n ope brief wat Eugene aan Rapport geskryf het.

      – | –

      “U deel nie die publiek mee dat genl. *********** ten tyde van die Maponya-voorval reeds ’n senior vol kolonel was en later die nasionale hoof van die veiligheidspolisie se inspektoraat geword het nie.

      “Ek, daarteen, was ’n junior kaptein wat in daardie stadium onder kol. ********* se
      bevel gedien het,” skryf De Kock.

      “Niemand moet die indruk kry of dink dat ek aanspreeklikheid ontken of enige
      optredes en die gevolge daarvan probeer ontduik nie.”

      De Kock skryf hoekom daar volgens hom geen getuienis is van hoëvlak-aandadigheid nie:

      “Tydens die verskeie kommissies, en veral die Harms-kommissie, het generaal
      (toe nog brigadier) *********** alle verklarings opgestel. Ons moes net teken.

      “Die polisie kon dit nie waag dat ons self verklarings opstel nie. Eiseregisters, reis- en verblyfregisters, dokumente soos veiligheidsverslae en elke moontlike bewys is opgespoor en verwyder of vernietig.

      “Só wis ons alle rekords en bewysstukke uit om ons self te vrywaar.

      “En dan later, met ironie wat dodelike gevolge het vir jouself, het jy self geen bewysstukke om jou eie saak te staaf nie.”

      De Kock skryf: “Om te dink dat ek, omdat ek die minste geag is voor die verandering van regering, en daarna so prominent die sondebok moes word van die
      ou bestel, soveel geweet het.

      “Hoeveel te meer weet u en die ander dan nie, generaal!

      “Ek is gebruik om jou en al die ander soos jy se tuimel van ’n baie hoë hoogte te breek.”

      De Kock gee dan ’n paar gevalle om Van der Merwe se “geheue te verfris”:

      1. ‘LSD-eksperimente’

      * “In 1979-’80 besoek
      u Koevoet se paar lede in Oshakati in die destydse Suidwes-Afrika. ***** sit aan die hoof van die tafel, die senior persoon in beheer van die gesprek.

      “Sy Afrikaans is pragtig, suiwer en duidelik. Hy vertel ons hoe hy self met die verbode LSD op van die gevangenes in veiligheidspolisie-aanhouding
      eksperimenteer.

      “Om hulle te laat praat en inligting te laat gee.

      “En reg oorkant my kyk ek na ’n kantoor met kaste en kaste vol blikkiesvleis
      wat met dubbel-dosisse tallium behandel is; net reg vir aanwending indien nodig.”

      2. ’n Plofstof-krisis

      * De Kock skryf die
      Oos-Rand-veiligheidstak “neem die ondervraging van ’n Inkatha-lid te ver” en hy
      sterf.

      “Ek word genader vir hulp. Ek gee raad én verskaf Oosblok-vervaardigde
      springstof en ontstekers.

      “Maar die poging om die toneel na sabotasie of poging tot terreur te laat lyk, loop heeltemal skeef weens die lede se gebrek aan ondervinding met springstof.

      “Dit lei tot ’n krisis wat die veiligheidstak-lede gaan ontbloot. Ek nader genl. **********. Hy reël dat genl. ********** die springstof-toneel besoek, ondersoek en hanteer. Die saak word so ‘reggetrek’. Alles is reg. Probleem opgelos.”

      3. Die
      ‘tube’-probleem

      * “Laat een aand kry ek ’n oproep van kapt. **********, bevelvoerder van die
      veiligheidstak op **********. ‘Heeelp!!!’ gil hy oor die foon. ‘Ons het ’n man vermoor.’ Ek stuur twee ­lede van seksie C.1 om hulp te verleen. Ons is goed vir die vuilwerk! Die **********- veiligheidstak-vermoorde, Sweet Sambo, verdwyn.

      “Hy is met die ‘tube’-metode vermoor. Die binneband word oor die mond en neus
      getrek.

      “Suurstof-ontneming lewer, met enkele uitsonderings, al die gewenste inligting op.

      “Genl. ********** is nie beskikbaar nie, en ek lig kol. ********** in wat op sy beurt genl. ********** inlig.

      “Hulle vlieg summier met die veiligheidstak-helikopter na die Skwamaans-polisiebasis naby Komatipoort op die pad na die dorpie Naas.

      “Daar moet opgeruim word en ‘skoongemaak’ word.

      “Kol. ******* lig my die volgende oggend in dat hulle nog die binneband met speeksel, slym en bloed aan op die toneel gekry het, sowel as ander bewysstukke.

      “Geen vervolgings vind plaas nie. En die laaste keer wat ek met oud-kapt. ****** gepraat het, was hy baie tevrede met homself.”

      4. ‘Toe trap hy op sy kop’

      * De Kock vertel van ’n voorval in die destydse Wes-Transvaal waarin “drie of vier” mense doodgeskiet is.

      “Lt. ********** loop na (die) gewonde, bejaarde man. Hy trap sy kop onder in ’n poel water vas en bly op sy kop staan totdat hy verdrink. Hierdie persone het geen wapens gehad nie, nog geen misdaad gepleeg nie.

      “Maar die drie afgedeelde blanke lede van die seksie se vaders was almal baie
      senior lede van die S.A. Polisie se veiligheidstakke. Generaal, brigadier.

      “Die ondersoek-beampte van die Pretoria moord-en-roof vind ernstige ongerymdhede en stel dit só in sy verslag. Maar genl. ********* ‘trek’ die saak reg. Alles is in die haak. Geen probleme nie. Hierdie groep manne van u
      word ook nie vervolg nie.”

      De Kock sluit af:

      “Ek wou nooit daar gaan en daardie kissie van Pandora oopmaak nie. Maar laat ek daardie kruis dan ook vir myself baie, baie ligter maak. U verplig my nou, na aanleiding van u aanhoudende druk, om daaroor te skryf. Ek gaan so maak, volledig en duidelik.”

      Groete,
      Eugene A. de Kock
      (Gevangene 94616105)

      1. Karel Combrinck Avatar
        Karel Combrinck

        Dankie Trippie. Baie interessant en baie insiggewend. Ons sal seker maar moet wag om volle duidelikheid te kry. Aan die een klant is ‘n mens amper bang om die volle waarheid te weet. Ek troos my net daaraan ons was in ‘n oorlog gewikkel en oorlog is ‘n liederlike besigheid. Vir my is dit egter ‘n gegewe dat De Kock onder bevel opgetree het en bokspronge van voormalige generaals ens sal my nie hiervan laat afsien nie. Dankie nogmaals.

  3. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Mooi skrywe….ek STEM

  4. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    “Wall Street Journal, Paul Craig Roberts, geskryf:

    If we are honest and have the strength to face reality, we will realize that the Soviet Union did not collapse. It simply moved, along with Mao and Pol Pot, to Washington and London.”

    1 Voor een goed begrip dient wederom gesteld dat o.a. Trotsky en vele (tien)duizenden andere rücksichtsloze topbeulen al uit de VS kwamen overwaaien naar Rusland vanaf 1917.

    2 Opmerkelijk dat specifiek in een tijd van verengelsing “200 jaar samen”, het laatste boek van Alexandr Solzhenitsyn juist NIET in Engels is verschenen en dat de “vrije marktprijs” nogal hoog is voor de Duitse en Franse vertalingen.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      nou breekt mijn klomp( uitdrukking voor : ek is verbaas/verontwaardigd ) :

      Poetin dronk tenminste nog een kop koffie met een vrije Alexandr……
      http://www.telegraaf.nl/binnenland/mh17/22879437/___Protesteer_bij_dochter_Poetin___.html

  5. Trippie Avatar
    Trippie

    UITSTEKEND jongman – wens ek kon jou 1 000 opduime gee. Jy is ‘n ware PATRIOT !

    Ek plaas ‘n skakel van my ikoon, Dr Verwoerd.

    https://www.youtube.com/watch?v=vPCln9czoys

  6. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Zo, daar oppert deze Dana dus bijna impliciet een nader in te vullen verbod op onderdrukt voelen ?
    Zal een mooie anc sakp wet in wording wezen met strafbaarstelling vanaf een maandelijks inkomen van bv. 500 Rand, Sadie.

    “Als deze democratische rechtstaat aannemelijk kan maken en z’n onafhankelijke rechters kan overtuigen dat u zich onderdrukt voelt bent u strafbaar”………

    ” Zeg meneer/mevrouw, wij hebben bewijs tegen u dat u zich 3 jaar geleden in verband met uw vrijheidsgevoel heeft beklaagd. En nou heeft u een ijsje gekocht, wilt u dat eens nader verklaren…..”

  7. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Daardie dametjie op Dagbreek, die jong blonde een, sit op die stel van ‘n TV-reeks op ‘n pro-Afrikaanse kanaal. Tog misbruik sy die geleentheid om aanslae op Afrikaaners te maak. Sy is ‘n linkse slinkse liberalis wat eenvoudig weier om anderdenkenes se mening in ‘n objektiewe lig te beskou. By die debat oor Die Stem het sy geweier om aan die verteenwoordiger van Orania, wat geldige punte gemaak het, erkenning te gee. Sy het sy argumente afgekraak as “‘n cheap shot” en die gehoor mooi laat verstaan dat sy nie jou algemene Afrikaner is nie, maar een wat wél trots is op die nuwe Suid-Afrika en vlag en volkslied. Asof sy dink sy is in daardie posisie om die wêreldmening oor Afrikaners te swaai tot ‘n patetiese volk wat na die ANC se pype dans en tem gunste is van die “wonderlike” nuwe Suid-Afrika. Vervang haar asb!

  8. jan Avatar
    jan

    Ja ek het die irritasie gesien waarna julle verwys maar die slot was tog ten gunste van Jaco dink ek en Beterhelfte. Die Rhodes musiekoloog het te hard probeer en misluk..
    Dit was so ‘n oorstootdrie na ‘n rolmaalbeweging asteware.

Leave a Reply