praag.co.za

Oranje boven! en ander Hollandse gedagtes

Written by

in

,

Tans is die sokkerwêreldbeker aan die gang en hoewel ek geen sokkergeesdriftige is nie, is dit tog interessant om die vordering van die spanne dop te hou.

Gisteraand het Oranje, soos die span van Nederland bekendstaan, tot die kwarteindronde deurgedring. Ook België het goed gevaar en was waarskynlik ongelukkig om insgelyks gister deur Argentinië uitgeskakel te word.

Dan RoodtOor die Belgiese span kan ‘n mens minder gaande raak. Soos Frankryk, beskik hulle oor ‘n multikulturele span wat net sowel uit Afrika kon gekom het en kwalik die land verteenwoordig. Boonop is België so ‘n kunsmatige politieke entiteit wat twee volkere federaal verbind dat ‘n mens jou moeilik kan voorstel dat enigiemand patrioties oor België kan raak. Vlaandere is ‘n ander saak en dit spreek vanself dat ons ‘n ewe noue band met die Vlaminge behoort te koester as met die Nederlanders.

Sonder die Lae Lande sou daar nooit ‘n Suid-Afrika gewees het, geen Afrikaans en geen Afrikaners nie. Vlaandere was ons Afrikaners nog altyd baie goedgesind, selfs in die dae van die kulturele en ander boikotte, dus moet my huidige opmerkings oor Nederland geensins afbreuk doen aan die warm gevoelens wat Afrikaners oor die algemeen vir Vlaminge koester nie. Die meeste Vlaminge is amper meer gaande oor Afrikaans en Afrikanerskap as Afrikaners self en ons kan by hulle heelwat leer oor hoe ‘n taalstryd gestry moet word!

Ons verhouding tot Nederland is egter meer gekompliseerd; dis amper ‘n liefde-haat-verhouding, iets soos die verhouding tussen die VSA en Brittanje, tussen die vrygeworde republiek en die koloniale moederland. Tussen koningin Wilhelmina se versigtige steun vir Paul Kruger tydens die tweede vryheidsoorlog en die Nederlandse anti-apartheidsbeweging wat aktief aan terreur teen ons deelgeneem het, loop daar ‘n wye kloof.

Nederland is letterlik familie van ons, want die meeste van ons beskik iewers oor Nederlandse voorouers. In weerwil van Afrikaners se vele Franse en Duitse vanne, stam die meeste van ons tog iewers verlangs van Nederlanders af.

In 1950 nog het die Nederlandse koningin ‘n toekenning aan ons grootste digter, NP van Wyk Louw, gemaak en hom in haar paleis onthaal. Tuis in Suid-Afrika was daar steeds ‘n lewendige belangstelling in Nederlandse kultuur en letterkunde wat aan al ons universiteite gedoseer is. In my matriekjaar het ons nog ‘n Nederlandstalige voorgeskewe boek deur die Vlaamse skrywer Stijn Streuvels bestudeer.

Sedert Afrikaners se verlies aan politieke mag word Afrikaans grotendeels onderdruk en gemarginaliseer. Daar word selfs gepoog om ons taalkundig te ondergrawe deur vergesogte teorieë dat Afrikaans eintlik ‘n vorm van Khoisan is of ‘n kreool wat deur die Hottentotte tot stand gebring is. Ek wil op ‘n later stadium meer breedvoerig op dié belaglike teorieë reageer wat om politieke en polities korrekte redes opgedis word. Ongelukkig is daar ook Nederlanders wat hulle daarmee besig hou, asof hulle ons noudat ons lê, wil skop. Die taalkundige Hans Den Besten het sulke twak in akademiese artikels kwytgeraak, maar dis nie iets wat onmoontlik is om in een of twee artikels met gemak te weerlê nie.

Dit sou ‘n fout wees om te dink dat alle Nederlanders ons goedgesind is. Weliswaar bestaan daar in Nederland ‘n taamlike sterk regse beweging, onder aanvoering van Geert Wilders, met Martin Bosma wat Suid-Afrika, asook Afrikaans, deel van die party se beleid gemaak het. Bosma het blykbaar ‘n nuwe boek oor Afrikaners in Nederlands geskryf wat eersdaags gaan verskyn. Dit gaan baie interessant wees.

Tydens die 2010-sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika, het ek gesê dat ons eerder die Nederlandse span moet ondersteun as ons eie swart Bafana-spelers. Intussen het selfs die minister van sport, Filike Mblalula, my gelyk gegee dat die Bafana die mees hopelose sokkerspan ter wêreld is. As vorige gasheer van die wêreldbeker kon ons nie eens kwalifiseer om in Brasilië deel te neem nie. In vele opsigte is die “Suid-Afrikaanse” sokkerspan emblematies van Suid-Afrika: dit word met subsidies en privaatborgskappe gemamperlang, dog sonder enige prestasie. Ons betaal astronomiese bankfooie sodat die banke die korrupsie en maklike geld rondom sokker in ons land aan die gang kan hou.

Eintlik is dit jammer dat Afrikaners nooit leer sokker speel het nie. Rugby en krieket is sportsoorte wat ons onherroepelik aan die Britse Ryk of die Britse Statebond verbind omdat dit slegs in daardie lande beoefen word. Hoeveel keer is ons nie al deur die Britte, die Australiërs of Nieu-Seelanders verneder omdat hulle in ons geesdrif vir sport ‘n manier gesien het om ons polities te manipuleer nie? Indien ons teen Europese spanne sokker gespeel het, sou ons nie soveel Engelse hovaardigheid en lis hoef te verduur het nie.

Dus, ons behoort vandeesweek almal verder die Nederlandse sokkerspan in hul skreeuend oranje hempies te ondersteun! Hopelik vind ons meer uit oor Nederlandse klubspanne soos PSV Eindhoven of Ajax Amsterdam of Feyenoord en begin hul vordering volg. Die feit dat ondersteuners van PSV Eindhoven hulself “boere” noem, is dalk ‘n goeie aanknopingspunt. In Nederland is daar sedert onlangs ook “vrouwenvoetbal”. Terloops, eintlik behoort ons ook na sokker op’t Nederlands as “voetbal” te verwys; dit klink soveel Afrikaanser.

Waarom nie ook vrouevoetbal onder Afrikaners nie? Een keer per jaar kan ons nasionale vrouevoetbalspan dalk in Nederland ‘n paar wedstryde teen die Nederlandse dames gaan speel? Blykbaar is dit iets wat ook in Skandinawië beoefen word.

Dit gaan egter om veel meer as voetbal en selfs vrouevoetbal. In die haglike omstandighede waarin ons ons bevind, hang ons oorlewing daarvan af om op een of ander manier by Europa aansluiting te vind. Die ramp wat as die “nuwe Suid-Afrika” bekendstaan, tesame met sy perverse, dekadente anti-wit kultuur, is byna volledig in die Engelssprekende lande uitgedink. Amerika en Engeland maak oorlog teen die Westerse en Europese beskawing en het in ons die eerste land gesien wat hulle volledig kon vernietig en in ‘n kwasi-kommunistiese utopie kon omtower waar alle klasse en rasse gelyk sou wees, met blankes wat permanente tweederangse status “vrywillig” sou aanvaar.

Die verengelste Afrikaners is vir my baie erger as Malema of enige radikale swarte. Hulle is tot die Amerikaanse leer van regstellende aksie en witskuld bekeer en sal hul eie mense na die brandstapel stuur as deel van hul popelende nuwe geloofsbelewenis. Hulle sal die universiteite, die skole, die sportspanne, die kerke en alles wat daar is “transformeer” en verengels en verswart totdat daar niks meer van ons oorbly nie. Dan is daar nog die hele uittog na Australië waar ons mense gaan verengels en ewe “vrywillig” instem tot Angel-Saksiese assimilasie.

Nou die dag het Gustav Venter hier by my kom koffie drink. Ons het saamgestem dat demokrasie in die land nie werk nie, veral nie vir Afrikaners nie. Om Afrikaners stemreg te gee, was een van die grootste foute wat ons ooit kon maak! As hulle die kans kry, stem hulle vir mev. Helen Zille of een of ander skynheilige swart Christen soos Kenneth Meshoe. As Mandela nog gelewe het, het hulle seker almal ANC gestem en hul eie leiers nogmaals verwerp. Die vinnigste manier om jou by Afrikaners ongewild te maak, is om iets vir hulle te probeer doen of ‘n standpunt ten gunste van Afrikaans of Afrikanerregte in te neem.

Vandag skryf die redakteur van Rapport in sy rubriek:

“… dat Afrikaans en Afrikaanse ruimtes gemaklik kan en moet bestaan in ’n Suid-Afrika wat asseblief tog nooit 100% Afrikaans en wit moet wees nie”.

Overgezet synde: ons kan saamleef met plaasmoorde, regstellende aksie, korrupsie, huisrowe en alles wat daarmee saamgaan, solank daar tog net nie ‘n wit, Afrikaanse skool of universiteit (of gesin?) iewers moet wees nie.

En: Wat is Rapport anders as ‘n 100% Afrikaanse koerant met hoofsaaklik wit lesers?

Dis genoeg om ‘n mens tot selfmoord te dryf. Gelukkig is daar geen wêreldberoemde katedrale in Suid-Afrika soos Notre Dame in Parys nie, anders het Afrikanerdenkers hulself ook in die kop gaan skiet soos die skrywerhistorikus Dominique Venner verlede jaar uit wanhoop gedoen het. So pas het daar twee boeke van hom postuum in Frans by die uitgewer Pierre-Guillaume de Roux verskyn. De Roux is iemand wat ook ‘n lewendige belangstelling in Suid-Afrika en Afrikaners koester. Dominique Venner het iewers gesê dat daar in Frankryk “erger vyande en van ‘n versteekte tipe is as op enige ander plek”.

Ons Afrikaners verstaan daardie gevoel van deur jou eie mense verraai te wees en versaak te word, maar té goed.

Ek dink ons moet aanvaar dat Suid-Afrika onder die impetus van Angel-Saksiese politieke korrektheid halfpad kranksinnig geraak het. Kollektiewe waansin. The madness of crowds. Daar was mos ‘n Skot, Charles Mackay, wat in die negentiende eeu so ‘n boek geskryf het. Dit volle titel is: Extraordinary Popular Delusions and the Madness of Crowds. Een van die bekende aanhalings daaruit lui:

“Men, it has been well said, think in herds; it will be seen that they go mad in herds, while they only recover their senses slowly, and one by one.”

Baie van ons ken daardie gevoel: om een vir een in ‘n malhuis wakker te word. Maar rondom jou duur dit voort.

Dis waarom ons ‘n soort uitweg of uitkoms nodig het, ‘n reddingsboei. Die Franse filosoof Gilles Deleuze, wat ook by tye ver heen was met politieke korretkheid en die uitwasse van die linkse sestigerjare in Frankryk, het gepraat van ‘n “buitekant” wat ‘n mens moet hê. Afrikaners het nie meer ‘n buitekant nie. Hulle leef volledig in ‘n lugdigte Anglo-Amerikaanse borrel waarin hulle elke dag meer en meer verdom en afgebreek word. Mense lees nie meer boeke nie; hulle lees dalk nie meer enigiets langer as ‘n paar paragrawe op die internet nie. Hulle kyk net hier en daar prentjies.

Maar ook in dié opsig voel ek Nederland kan ons red. Nederland het naamlik ‘n filmbedryf en Afrikaners kan met redelik min moeite volg wat op die skerm aangaan. Dis nie soos Frans of Italiaans waar jy sonder onderskrifte nie die verhaal sal begryp nie. Ons moet Nederlandse films onder Afrikaners bekendstel net soos Naspers en die Angel-Saksiese mediagroepe slegs Hollywood of hier en daar ‘n Britse produk bevorder.

Oor die afgelope tyd kyk ek heelwat “Kaasflieks”, soos ek hulle noem. Dis regtig ‘n vertroosting, veral ná ek my twee of drie keer aan die swak, polities korrekte Afrikaanse films wat deesdae gemaak word, blootgestel het. Sommige Kaasflieks het my ontroer of geamuseer. Ander het my weer geïrriteer en een of twee kon ek nie klaar kyk nie. In baie opsigte is Nederland ewe of nog meer dekadent as Suid-Afrika en ‘n mens moenie die land idealiseer nie. Maar ten minste is daar in Nederland verskeidenheid. Geen twee Kaasflieks is dieselfde nie! Die moderne Nederlandse argitektuur is asemrowend mooi en vele van die films is in huise of plekke geskiet waar mens doodgewoon die agtergrond kan geniet, ongeag waarheen die verhaal lei. Nederlanders is mooi mense, net soos Afrikaners. Wel, dit spreek eintlik vanself, want ons het gemeenskaplike voorouers.

Die mees onlangse Nederlandse fliek wat ek gekyk het, is Toscaanse bruiloft (2014). Dis ‘n lawwe soort romantiese komedie, maar word so oorspronklik, prettig en mooi aangebied dat die genre of die verhaal eintlik bysaak is. Alles speel in ‘n egte villa in Italië af waar Nederlanders heen gaan om te trou. Plek-plek word die Nederlandse dialoog ook onderbreek deur stukkies Italiaans en die kulturele anomalie van ‘n klomp Nederlanders wat skielik baie Italiaans en al fresco lewe, raak nooit kitsch nie. Dit word ‘n sorgvrye kyk op die “goeie Europeër” soos Nietzsche hom genoem het, iemand wat tuis in sy eie kultuur is, maar ook waardering het vir die lande, tale en tradisies rondom hom.

Die Alfa Romeo
Die Alfa Romeo

Een van die sterre in die film is ‘n rooi Alfa Romeo GTV van dertig, veertig jaar gelede wat nog hier en daar op Suid-Afrikaanse paaie te siene is. Die film spreek van bewondering vir alles wat Italiaans is: die kookkuns, ou motors, selfs ‘n verspotte ou plaasbakkie met ‘n snaakse vorm, die landskap, die argitektuur, die meubels. Alles word met ironie aangebied, dog sonder dat dit ooit soos in Suid-Afrika afbrekend en stereotiep raak. Dis amper die postmoderne liefdesverhaal waarvan die Italiaanse kritikus en skrywer Umberto Eco op ‘n keer gepraat het.

Met die graad van geweld en wanorde in Suid-Afrika, beleef ons ‘n onverklaarde, voortslepende burgeroorlog. Maar dis juis in sulke tye dat ‘n mens ook behoefte aan kultuur en ontspanning het. Jy kan nie net sit en wag vir die volgende skoot om te klap, die volgende inbraak of huisroof nie. Terwyl ons identiteit deur die staat, die media en die fanatiese Angel-Saksers aangeval word, het ons behoefte aan ‘n “buitekant”, aan ‘n wêreld wat buite die Sowjet-Engelse borrel val.

Nederland en Nederlands kan in dié donker tye vir ons so iets raak. Ons kort ‘n bietjie Nederlandse voetbal sonder kwotas of sulke mooi Kaasflieks. Noudat Afrikanerpolitiek ‘n stille dood gesterf het en ons aan die giere van die Zoeloes of liberale Engelse in ons land uitgelewer is, kan ons gerus op ‘n afstand ook die Nederlandse nuus en Europese politiek begin volg. Toegegee, ons het geen invloed daaroor nie, maar net so het ons geen invloed oor die politiek in ons eie land nie. Ten minste deel ons ‘n afkoms, ‘n taal en ‘n beskawing met Nederland, wat meer is as wat ons kan sê oor wat tans in Suid-Afrika aangaan. Malema en sy trawante is vir my net tot op ‘n punt interessant of snaaks. En of Naledi Pandor by Russel Botman se begrafnis was, kan my ewe min skeel as om te weet wat die temperatuur vandag in Sacramento, Kalifornië, is. Dit traak my regtig nie.

Ons het ook nie toestemming van Nederlanders of Nederlandse amptenare nodig om daardie dele van hul kultuur wat tot ons spreek, toe te eien of te geniet nie. Die verkeerdste manier om enige kulturele wisselwerking tussen ons en Nederland aan te pak, sou wees om met die ambassade in Pretoria ‘n afspraak te maak. Nie net het iets van die vorige Hollandse vyandigheid by die ambassade oorgebly, uit die dae toe Nederlanders geld aan Stasi- en KGB-agente geskenk het om motorbomme in ons stede te plaas nie, maar alle amptelike kontak moet mos altyd met swartes geskied. Die belangstelling in Nederlandse films, boeke of idees by ons regering is seker nóg laer as in Afrikaans, met ander woorde iewers benede nul, dus sou ons ons tyd met enigiets ampteliks verspil.

Die internettydvak is egter by uitstek geskik vir guerillabemarking en alternatiewe maniere van doen. Dus kan ons ons mense se belangstelling in Kaasflieks en vrouwenvoetbal en wat ook al begin prikkel.

Sodoende kan ons dalk minder soos zombies begin dink en optree en meer soos die beskaafde mense wat ons eens was.

Die hoop beskaam nie.

Wat Afrikaans betref, is ek baie trots op my taal. Ek is daarvan oortuig dat Afrikaans eintlik in sy huidige vorm reeds in die sewentiende eeu bestaan het en eeue gelede ‘n belangrike rol in Noord-Europa en in die handel ter see gespeel het. Daar is vele woorde in Afrikaans wat dit verklaar. Ons het Europa nodig, maar Europa het ons en ons oer-Europese dialek wat hier aan die Kaap kom uitspoel het en só lank in die skadu van Engels om oorlewing moes veg, ook nodig. Ons wedersydse voortbestaan mag daarvan afhang.

Ons moet ons oopstel vir die ander, sê die postmoderne filosowe. Laat ons meer ontvanklik en “oop” vir Nederland en Vlaandere raak.

Ns. Stuur ‘n epos aan inlig@praag.org en ons stuur vir jou ‘n aflaaiskakel vir Toscaanse bruiloft. (Hier is ‘n kort YouTube-voorprent van 55 sekondes.) Nooi jou vriende uit en hou bioskoop (die Nederlanders spel dit met ‘n “c”, “bioscoop”) sommer daar waar jy is, op jou rekenaar, tablet, foon of platskerm-TV, wat jy ook al het.

Comments

40 responses to “Oranje boven! en ander Hollandse gedagtes”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Sokker/voet(m)bal – nog spele om die mense te vermaak terwyl Rome brand. Die laaste Nedelandse fliek wat ek gesien het (wel kon net uithou vir 5 min) was ‘n stuk woordpornografie genoem “new kids turbo” of so iets. Hulle vloek meer as die Antwoord! Dit is die vlakste en mees dekadente drek wat ek ooit aanskou het.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Dis vir my verblydend om te lees dat daar meer as net ek is wat dink rugby en sokker het menige in Suid-Afrika (en ander lande) se got geword. Ek verafsku die twee sportsoorte !

      1. Andy Avatar
        Andy

        Jippie ek het n maat gekry. Dankie tog nou staan ek nie meer alleen buite in die koue nie.
        Ons het n pragtige kleinseun wat so n bietjie swem afrigting kry ens. Hy gaan speel toe rugby en druk blykbaar n drie maar gedurende die wedstryd kry hy toe ook seer. Hy is 12 maar lyk soos n seun van 15/16. Nodeloos om te sê het oupa hom toe so n bietjie vertel van een en ander. Hy het nou sy belangstelling verskuif na , steeds swem, krieket, en atletiek en die kêreltjie presteer mooi. Ek moet bely hy aard seker maar na sy oupa want ek is byna 2 meter lank.

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Trippie ek het rugby geleer ken as klein dogtertjie toe my pappie ons twee dogters met ons kappies op die kop saam geneem het op n Saterdagmiddag na wedstryde toe.

        Rugby is ons boere se nasionale sport – dit is n pragtige intelligente sport. Vandag kyk ek nie meer rugby nie want soos met alles wat die swartes aanraak het hulle rugby ook vuil gemors en vernietig, daarom distansieer ek my in totaliteit van rugby. Onder die swart bestuur van rugby is dit baie duidelik dat rugby in Suid Afrika alreeds besig is om dood te loop en dit pas my klopdisselboom.

  2. Trippie Avatar
    Trippie

    “Die verengelste Afrikaners is vir my baie erger as Malema of enige radikale swarte.”

    Deel u sentiment 100%.

    Deze is voor de dames!

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Ai Trippie mooi was darrem nog nooit lelike nie. 😉

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Dit kan jy weer se Riempies 😉
        Laat my dink aan die fliek “Shall we dance” – toe Richard Gere met die roltrappe op kom, roos in die hand. Net so aantreklike mansmens.

  3. Willem De Jager Avatar
    Willem De Jager

    Dan, is die kar op die prent nie eerder ‘n Alfa GT junior as ‘n GTV nie? Maar vir ‘n fliek wat afspeel in Italië is ek altyd te vinde. Ek het my heerlik verlees aan jou werk, soos gewoonlik, dankie. Selfs die idee van “voetbal” klink vir my na ‘n plan.

    Wat vir my baie interessant is, is die ‘buitekant’ idee. Ek loop vir die afgelope jaar of wat met die gedagte rond dat Afrikaners nie meer ‘n ‘binnekamer’ het nie; ‘n plek waar ons kan idees ruil, baklei as dit moet, maar waar ons gewoon (100%!) Afrikaners kan wees sonder die politieke big brother en die transformasiemonster wat ons alewig rondvolg. ‘n Binnekamer (óf ‘n buitekant) waar ons kan asem skep en gedenk en beplan.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Jan Kooijman (rijdt GTV in de film).

      1. Willem De Jager Avatar
        Willem De Jager

        Nou maar goed:)

  4. Gas Avatar
    Gas

    Briljante strategie! ‘n Afrikanerspan sal ‘n helse verleentheid vir die linkse Kase wees

  5. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Overigens, voetbalvereniging de Graafschap uit Twente of Achterhoek pleegt zichzelf ‘superboeren’ te noemen, voor wat het in dit verband waard is.

    Inderdaad verdient het algemeen stellig aanbeveling voor een ieder om zich, naast de harde koude dagelijkse realiteit van het hoofd boven water houden, te verdiepen in de mooie en goede dingen zoals bv. kunst, literatuur en sport. Daar kan ter invulling altijd wel een weg in gevonden worden en met de keuzes is men niet aan deze tijd gebonden.

    Er ligt tamelijk veel werk om ook In Nederland de vertroebelde stinkende zaken uit te wassen.
    Naar binnen gericht en naar buiten waar het om de banden met de Zuid Afrikaanse familie gaat. Wat wordt er toch een bagger en verdraaide eenzijdige historische kijk op de dingen rond gestrooid, met alle dagelijks waarneembare kwalijke gevolgen van dien.

    De laffe en ronduit krankzinnige overheersende benadering van de laatste decennnia was beneden alle peil. Gelukkig zijn er in Zuid Afrika en Nederland nog bekwame mensen genoeg die zich niet (hebben )laten meeslepen in de zotheid en gevaarlijke destructieve gekte (jawel als bolsjewistische propaganda) maar juist door eigen onderzoek en bevinding, hoofd en hart hebben kunnen gebruiken.

    Op individueel vlak, langs de verziekte politieke elite heen, kan en wordt veel goeds gedaan. Verdiend zeker uitbouw.
    Meer dan alleen het uitdelen van een paar houten klompen en een stuk Beemster 😉

    Al vormen deze wel zoals bekend, min of meer ‘normaal’, minimaal een geknepen minderheid.
    Maar dat is van alle tijden.

    Het beste allemaal, vanuit een momenteel snikhete andere kant wereld.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Goeie naand Hans – altyd ‘n plesier om jou skrywes te lees.

      Groete, uit ‘n koue en winderige Pretoria, Transvaal.

      1. Hans Onrust Avatar
        Hans Onrust

        Hallo Trip.

        Eensgelijks.
        Inmiddels is de langste dag, en de kortste bij jullie, weer achter de rug zodat jullie weer wat meer warmte kunnen verwachten.
        De tijd vliegt.

        Hier een eerder geplaatste Himmelscheibe von Nebra die nu in Halle ligt.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      en S.Y. hypocriet en beter wetend op zoek naar Maddy Mc Cann maar rondgraven in Portugal, Rutger.
      Terwijl de Portugese diensten toch duidelijk waren met de bevindingen van notabene die 2 S.Y. spaniels die in haar kamer en in de kofferbak van de huurauto menselijk bloed roken, en politiek Engeland dat niet helemaal lekker zit.
      De Portugesen kwamen destijds zeker te dicht bij de ‘Engelse soevereiniteit’.

      Ook staat schoft Jimmy Saville z’n levensloop bij de immer vervelende, vooral te onpas, naar racisme op zoek zijnde BBC, staat niet op zich.

        1. Hans Onrust Avatar
          Hans Onrust

          destijds kwam de Franse europarlementariër madame E.Cresson, die met haar scherpzinnige benadering wat puntjes op de i zette, ook de Britse gewone gang van zaken te na

  6. Ratel Avatar
    Ratel

    Mooi man…

    Goeienaand almal, lanklaas my weg oopgesien om iets te se.

    Ek wil nie eintlik iets se oor die Kaasflieks nie, ek wil eintlik iets se oor die feit dat Steve die plek op hol het omdat hy dit durf waag het om die Stem by Inniebos, op die verhoog nogal, te loop staan en sing het. Dit het al ses en twintig anti-Afrikaners se onderbroeke in ‘n knoop gekry, en ek sien ook dat Naspes hulle bes probeer om die stukkie geskiedenes te probeer doodswyg. En dit nogal nadat een of ander ousie gedink het dat dit ‘n goeie plan sou wees om nkosi so paar keer ‘n dag in die openbaar uit se saai sodat Suid Afrikaners weer ‘n warm gevoel van patriotisme kan beleef.

    Ek noem dit maar onder hierdie draad omdat ek nie weet waar om dit anders in te pas nie.

    Het Praag hierdie stukkie waagmoed van Steve misgekyk, of wil Praag ook maar niks hieroor se nie…

    Maar in elk geval, dit was lekker om weer iets op Praag te kon uiter. Ek was vir ‘n tyd afwesig.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      RATEL, is dit regtig jy ? (iemand het verlede week jou gebruikersnaam gebruik hier op Praag). WELKOM TERUG ! Bly nou by ons.

      Ek het reeds vanoggend op Leon se rubriek daarna verwys.

      Hoop nie ek word “afgeslag” nie – hier is dit, in Steve se EIE woorde. Dis HOENDERVLEIS mooi.

      1. Ratel Avatar
        Ratel

        Hallo Trippie.

        Skies, ek het nog nie Leon se rubriek of die kommentare gelees nie.

        1. Trippie Avatar
          Trippie

          Ek is SO bly jy is terug !

          1. Ratel Avatar
            Ratel

            Dankie Trippie, ek het so af en toe ingeloer, maar ek het nie geplaas nie omdat ek nie geweet het of ek in ‘n posisie sou wees om gedurig te kon skryf nie.
            Ek is net bly om te sien dat die ou garde die plek aan die gang gehou het in my afwesigheid.

        2. Hans Onrust Avatar
          Hans Onrust

          zeg Ratel, zijn daar opnames van die recente bijzondere uitvoering van ‘die Stem’ ?

          Moet erg indrukwekkend zijn geweest, vooral voor al die mensen die daar bij konden zijn.

          1. Ratel Avatar
            Ratel

            Jammer Hans, ek weet nie, maar ek is seker daar sal iewers opnames wees. Ons moet net wag, dit sal wel iewers uitkom.

      2. Andy Avatar
        Andy

        Ai ,waar was ek.

    2. Gas Avatar
      Gas

      HUH!? Lyk bietjie kwaadwillig jou besoekie

      1. Ratel Avatar
        Ratel

        Jammer dat dit nie jou goedkeuring wegdra nie.

        1. Gas Avatar
          Gas

          Laas toe ek gekyk het was daar ‘n berig EN ‘n persverklaring van Praag oor Steve en die Stem. So nee, leuens dra gewoonlik nie my goedkeuring weg nie.

          1. JAVR Avatar

            Gas ek dink Ratel het hierdie kommentaar geplaas voor die berig van Steve vanmore. As jy mooi kyk sal jy sien hy het dit 15 ure terug gesê en die berig het vanmore eers verskyn op Praag. So regtig Ratel was nog nooit kwaadwillig nie en ek WEET hierdie was ook nie so bedoel nie.

          2. Ratel Avatar
            Ratel

            More JAVR.
            Ja inderdaad, dankie vir die intervensie.

          3. JAVR Avatar

            Welkom welkom maat!

          4. Ratel Avatar
            Ratel

            Jy is nie ernstig nie is jy?
            Ek gaan jou nie eers probeer reghelp nie,

          5. Trippie Avatar
            Trippie

            Gas, as ek ook my eiertjie mag lê, ek dink jy is Ratel ‘n verskoning verskuldig. Ratel is ‘n ster op Praag, en groot aanwins. Hy was egter ‘n geruime tyd afwesig.

            JAVR is heeltemal reg.

          6. Ratel Avatar
            Ratel

            ‘n Ster?
            Hahaha… Trippie.
            Jou yster.

  7. Riempies Avatar
    Riempies

    Goeiemore Losta, Ik ben overdonderd door de onwetendheid die er in het buitenland bestaat over Zuid Afrika. Ik wil niet iemand die wij Afrikanen welgezind is niet vervreemden – echt ik wil niet, en ik ga dus gewoon voor u zeggen kom zelf naar Zuid Afrika toe en komen kijken zelf wat hier gaande is – u geestesbeeld van hoe Zuid Afrika er uitziet na 1994 bestaan niet .

  8. Gas Avatar
    Gas

    Nauw prachtig! Zwarte Nederlanders die zijn drie. Iemand moet de toiletten schoonmaakt

  9. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Ek het op ‘n keer wyse van bietjie draakstekery aan ‘n Fransman gevra hoe herken hy die verskil tussen ‘n nasionale sokkerspan van Frankryk en dié van bv. Gabon. Sy antwoord: Aan hulle truie.

Leave a Reply