Beloning vir inligting oor Jozi FM se platejoggie wat glo moor

​Die polisie in Gauteng bied ‘n beloning van R50 000 aan enigiemand wat weet waar ‘n swart Jozi FM-platejoggie is.

Die platejoggie het Sondag na bewering sy meisie in Jabulani, Soweto, doodgesteek.

“Die beloning sal slegs aan iemand gegee word wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die verdagte se inhegtenisneming,” het adjudant-offisier Kay Makhubela gesê.

Die platejoggie se meisie is Sondag herhaaldelik gesteek en sy is later dood in ‘n woonstel in Jabulani aangetref.

Hy het glo sy meisie se vriendin ná die moord gebel en aan haar erken dat hy die moord gepleeg het. Hy het sedertdien spoorloos verdwyn.

Jozi FM se bestuurder, Mpho Mhlongo, het Maandag gesê hulle weet nie waar hy is nie. Hy hoop die platejoggie gee hom so gou moontlik aan die polisie oor.

4 thoughts on “Beloning vir inligting oor Jozi FM se platejoggie wat glo moor”

  1. R50 000 as beloning vir ‘n platejoggie wat sy meisie doodgesteek het ?!?!

    Wat ‘n skreiende skande dat die SAPD die beloning uitloof, maar ek het nog NOOIT gelees dat daar R1.00 uitgeloof word vir die moord op boere nie, wat nog te sê enige Blanke.

    Los hulle dat hulle mekaar dood steek.

Maak 'n opvolg-bydrae